Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Politiek kelder Fiat en Renault se ‘troue’

Die grootste samesmelting in die motorbedryf nóg is van die baan.

John Elkann (links), voorsitter van Fiat Chrysler, en Piero Ferrari, erfgenaam van die Ferrari-ryk, met die notering van Ferrari enkele jare gelede. Foto: John Taggart, Bloomberg

Fiat Chrysler het sy voorstel om met Renault saam te smelt, Woensdagaand teruggetrek. Dit kom nadat Renault se direksie vir die tweede keer ’n stemming oor die transaksie op versoek van die Franse regering uitgestel het.

John Elkann, Fiat se voorsitter, sê in ’n verklaring die “politieke situasie in Frankryk” is nie op die oomblik reg om te verseker dat die samesmelting slaag nie. Die Franse regering is met ’n belang van 15% Renault se grootste aandeelhouer.

“Fiat bly ferm oortuig van die oortuigende, transformerende rasionaal van die voorstel, wat wye goedkeuring geniet het sedert dit ingedien is, en waarvan die struktuur en bepalings versigtig gebalanseer is om beduidende voordele vir alle partye in te hou.”

Fiat het sy “opregte dank” uitgespreek teenoor Renault, asook Renault se alliansievennote, Nissan en Mitsubishi, vir hul “konstruktiewe” gesprekke oor die voorstel.

Die samesmelting sou die wêreld se derde grootste motorvervaardiger – ná Volkswagen en Toyota – geskep het.

Volgens Bloomberg het die Franse regering geëis dat die nuwe maatskappy poste waarborg, nuwe fabrieke bou en ook dat die staat op die nuwe groep se direksie verteenwoordig word. Daarby het die regering ’n uitbetaling aan aandeelhouers geëis.

Die voorgestelde samesmelting is die eerste keer op 27 Mei bekend gemaak.

Frankryk is glo ook bekommerd oor verhoudinge met Japan. Die Franse minister van finansies, Bruno le Maire, wou die voorstel eers volgende week op sy beplande besoek aan Japan met amptenare in dié land bespreek.

Hoewel Nissan nie amptelik deel was van die Fiat-voorstel nie, deel Renault en Nissan – wat al 20 jaar lank vennote is – heelwat tegnologie vir die ontwikkeling van nuwe modelle, die aankoop van onderdele en vervaardiging.

Nissan was teësinnig oor die samesmelting.

Meer oor:  Renault  |  Fiat Chrysler  |  Fiat  |  Nissan  |  John Elkann  |  Motors  |  Motorvervaardigers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.