Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Poskantoor is oop, maar...

Jou naaste poskantoor is dalk oop, maar jy sal nie briewe of pakkies kan stuur of ontvang nie.

Die meeste poskantore is oop, maar slegs as jy medisyne laat aflewer of toelaes kom haal.

Die Poskantoor sê in ’n verklaring meer as 500 poskantore landwyd bly vir die duur van die staat van inperking oop.

In die week wat maatskaplike toelaes uitbetaal is, was álle poskantore oop, maar vanaf dié week is sekere takke toe.

Dié wat wel oop bly, is slegs oop vir die lewering van wat as noodsaaklike dienste geklassifiseer is, naamlik die betaling van toelaes en die afhaal van medisyne.

Die volledige lys oop poskantore kan by www.postoffice.co.za gekry word. Die meeste is vanaf 08:00 tot 17:00 oop (enkeles open 07:00 of eers 08:30).

Ander dienste, soos pakkies indien of motorvoertuiglisensies betaal, hervat eers weer ná die staat van inperking.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.