Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Poskantoor se direksie gaan vervang word
Die Poskantoor gaan sy direksie vervang.

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor kry ’n nuwe direksie nadat Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, nie die huidige direksie se termyn hernu het nie.

Die meeste van die direkteure is reeds in 2015 aangestel en hul termyn is in Augustus verleng.

Ndabeni-Abrahams het egter besluit om dit nie verder te verleng nie, het Nthabeleng Mokitimi-Dlamini, die minister se woordvoerder, aan Fin24 gesê.

Die minister het nou begin adverteer vir nuwe direkteure.

“Die aanstellings sal na verwagting teen die einde Oktober afgehandel wees. In die tussentyd is die uitvoerende hoof verantwoordelik vir die daaglikse bedrywighede en hou die departement slegs toesig daaroor,” sê Mokitimi-Dlamini.

Zibuse Comfort Ngidi is die waarnemende direksievoorsitter. News24 het voorheen berig dat Ngidi ’n Zuma-lojalis is en onder meer ’n groep “bekommerde” prokureurs in KwaZulu-Natal gelei het wat gepoog het om prof. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, se Nkandla-verslag verdag te maak.

Van die direkteure wie se termyn nie verleng is nie, is Dawn Marole, direkteur van MTN, Mduduzi Eric Zakwe, uitvoerende hoof van die media- en IKT-onderrig-en- opleidingsgesag, en Zolani Kgosie Matthews, kleinseun van die ANC-strydros ZK Matthews.

Die poskantoor is ook op soek na ’n nuwe uitvoerende hoof nadat Mark Barnes skielik in Augustus bedank het.

Sy rede was dat daar “geskille oor die toekomsstrategie rakende die struktuur van die poskantoor en die posisionering van Postbank is”.

Ndabeni-Abrahams het in September gesê dat die regering verskillende opsies vir Postbank oorweeg, soos om “die gesprek te heropen oor of sy aandeelhouer die departement van kommunikasie of die nasionale tesourie gaan wees”.

Die poskantoor, wat die uitbetaling van maatskaplike toelae aan 11 miljoen mense van Cash Paymaster Services oorgeneem het, het vanjaar R2,9 miljard van die regering ontvang om sy skuld “uit te wis” en om sy bedrywighede te verseker.

In die advertensies vir die nuwe direkteure word daar klem gelê op kundigheid op gebiede soos kuberveiligheid, digitale transformasie, logistieke en koerierdienste, kleinhandel (“met ’n bewese suksesrekord in strategiese kleinhandelleierskap in landelike en stedelike gebiede”), sowel as finansiering vir die openbare sektor “insluitende die nasionale ontwikkelingsplan”.  Fin24

Meer oor:  Poskantoor  |  Direksie  |  Ondersoek  |  Maatskappye  |  Sassa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.