Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Postbank skors 3 senior bestuurders

Die Postbank het drie van sy topbestuurders voorlopig geskors om ’n onafhanklike ondersoek toe te laat.

Die Maitland-poskantoor in Kaapstad. Foto: Google Maps

Daily Maverick berig Vrydag dat Shaheen Adam, waarnemende uitvoerende hoof, Zama Chonco, waarnemende finansiële hoof, en Agbor Kandeh, inligtingshoof, met hul salarisse geskors is.

Die Postbank is ’n filiaal van die Suid-Afrikaanse Poskantoor (PK).

Die Poskantoor sê die drie is geskors om ’n “onafhanklike ondersoek moontlik te maak” omdat hulle na bewering “versuim het om behoorlike omsigtigheid aan die dag te lê”.

Dit kom kort nadat dit bekend geword het dat die PK ook sy eie waarnemende uitvoerende hoof, Lindiwe Kwele, ná slegs vier maande in haar pos geskors het.

Die nuwe direksie van die PK het gesê hy het vertroulike inligting ontvang van ’n fluitjieblaser wat tot die skielike skorsing van Kwele gelei het.

Die direksie het binne weke ná sy aanstelling op 1 November ’n fluitjieblaser se verslag ontvang waarin ernstige bewerings van wangedrag teen Kwele en Mothusi Motjale, ’n verskaffingskettingbestuurder by die PK, gemaak word. – Saamgestel deur William Horne

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.