Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Prasa betaal R103 m. aan eise uit weens beserings

Die Passasierspooragentskap (Prasa) het in die afgelope boekjaar R103 miljoen aan vergoedingseise uitbetaal aan passasiers wat beseer is weens oop treindeure.

Pendelaars hang by die oop deure en vensters uit van ’n Metrorail-trein van Prasa in Kaapstad. Foto: FRANCOIS WILLIAMS

Dr. Blade Nzimande, minister van vervoer, het dié antwoord gegee op ’n parlementêre vraag van die DA-parlementslid Manny de Freitas.

Van 1 Maart verlede jaar tot einde Januarie vanjaar is vyf mense op Prasa se Metrorail-treine dood omdat hulle by die oop deure van ’n bewegende trein uitgeval het. Altesaam 138 mense is in dieselfde tydperk beseer. Dit sluit 20 mense in wat beseer is in April en Augustus en 21 wat in Mei beseer is, blyk uit Nzimande se antwoord.

Hy het gesê die eise wat uitbetaal is, hou nie regstreeks verband met die beserings in dieselfde tydperk nie want dit duur lank vir Prasa om die beseringseise te verwerk.

Nzimande het verduidelik elke beseringsvoorval op Prasa se spoornetwerk word aan sy gesamentlike bedryfsentrum gerapporteer en ’n beskermingsbeampte gaan na die toneel om die voorval te ondersoek.

By sterfgevalle word die voorval by die polisie aangemeld, wat dan beheer van die toneel oorneem en dit weer aan Prasa oorhandig sodra die oorledene se liggaam van die spooromgewing verwyder is. Voorvalle word daagliks by die Spoorveiligheidsreguleerder aangemeld.

De Freitas het gevra waarom Prasa sy wetlike plig versuim om seker te maak treindeure is toe, maar Nzimande het ontken dat dié plig versuim word. Volgens hom sorg treindrywers dat treindeure getoets en in ’n werkende toestand is wanneer hulle die werf verlaat. Passasiers het egter ’n gewoonte om deure te versper en dit veroorsaak dat die deure nie werk nie.

Nzimande het nie ’n woord gerep oor die rede waarom sekere passasiers treindeure oopdwing tydens ’n Metrorail-treinrit nie.

Meer oor:  Prasa  |  Sterftes  |  Treindienste  |  Beserings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.