Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Prasa betaal uiteindelik agterstallige kragrekening

Die Passasierspooragentskap (Prasa) in die Wes-Kaap het uiteindelik sy agterstallige kragrekening betaal nadat Eskom Dinsdag toevoerpunte begin afskakel het.

Een van die provinsie se toevoerpunte in Eersterivier is omstreeks 10:00 as gevolg van die agterstallige rekening tydelik ontkoppel.

“Prasa het gevolglik die agterstallige geld vanmiddag (Dinsdagmiddag) betaal en die toevoerpunt is omstreeks 17:04 weer gekoppel,” het Trish da Silva, Wes-Kaapse Eskom-woordvoerder, gesê.

Volgens ’n nuusverklaring het die kragverskaffer op 19 Desember bevestig dat hy reeds ’n kennisgewing aan Prasa gestuur het dat sy krag binne 14 dae afgeskakel sal word.

Sedertdien het Eskom ’n kennisgewing van 24 uur gegee dat Prasa se krag dieselfde dag teen 15:00 ontkoppel kan word as geen betaling ontvang word nie.

Eskom sê hy kan weens kontraktuele verpligtinge nie verdere besonderhede oor die agterstallige rekening bekend maak nie.

Prasa is Dinsdagmiddag om kommentaar genader. Dit sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

Meer oor:  Prasa  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.