Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Prasa-verlies verdubbel tot byna R1 mjd.
Een van die nuwe Prasa-treine. Foto: Thapelo Maphakela

Suid-Afrika se passasierstrein-maatskappy is op die rand van finansiële instorting, want sy verliese het bykans verdubbel van 2016 tot 2017.

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het in die 2016-’17-boekjaar ’n verlies van R928 miljoen gely teenoor die vorige boekjaar se verlies van R554 miljoen.

Dit blyk uit Prasa se amptelike jaarverslag van die vorige boekjaar wat uiteindelik by die parlement ingedien is, het Eyewitness News (EWN) berig. Die verslag is al ’n jaar laat.

Die verlies van R928 miljoen verskil van die verlies van R1,3 miljard wat in ’n vroeëre uitgelekte verslag van die ouditeur-generaal genoem is. Dit verskil ook van die verlies van R1,7 miljard waaroor Rapport die naweek berig het.

Die ouditeur-generaal het Prasa ’n gekwalifiseerde ouditmening gegee, want sy vermoë om as ’n lopende saak voort te gaan, is onder verdenking.

Die vertraging in die publisering van die jaarverslag is te wyte aan die onsekerheid oor of Prasa wel as ’n lopende saak kan voortgaan.

Die jaarverslag wys Prasa se onreëlmatige besteding in die boekjaar was R20,3 miljard, terwyl vrugtelose en vermorste uitgawes net minder as R1 miljard was.

Die ouditeur-generaal waarsku volgens EWN dat daar ’n gebrek is aan ’n stelsel om alle onreëlmatige, vrugtelose en vermorste uitgawes te identifiseer en openbaar te maak. Hy kan dus nie met sekerheid sê of die syfers volledig is nie.

Die DA het in Augustus ’n uitgelekte weergawe van die ouditeur-generaal se verslag oor Prasa bekend gemaak. Hiervolgens het Prasa oor die afgelope paar boekjare reeds ’n opgelope verlies van sowat R4,5 miljard gely.

Manny de Freitas, DA-woordvoerder oor vervoer, het op grond van die verslag klagte teen die Prasa-direksie by die polisie ingedien.

Meer oor:  Prasa  |  Staatsinstellings  |  Vervoer  |  Staatsondernemings  |  Verlies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.