Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pravin ‘nie rassisties’ toe hy Transnet-hoë afdank

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het billik opgetree toe hy Seth Radebe as direkteur van Transnet afgedank het, het die Noord-Gautengse hooggeregshof Maandag gehoor.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings.Foto: Deaan Vivier

Radebe probeer om weer as Transnet-direkteur aangestel te word, en hy beweer Gordhan se besluit was rasgemotiveerd.

Hy is uit die direksie geskop ná die bekendmaking van ’n verslag met besonderhede oor korrupsie en ongerymdhede met die kontrak van R54 miljard in 2014 om 1 064 lokomotiewe te koop. Radebe het nie teen sekere Transnet-bestuurslede opgetree wat in die regsfirma Werksmans se forensiese verslag genoem is nie.

Adv. Nazeer Cassim, vir Gordhan, het aan die hof gesê daar was goeie redes vir Radebe se afdanking en dat die verwydering van die ou Transnet-direksie bedoel was om die uitvloei van hulpbronne te keer.

“Daar is niks wat wys Gordhan het rassisties opgetree nie, dit is nonsens,” het Cassim gesê.

Cassim sê die bewering oor rassisme is ’n “maklike antwoord wat in die land se huidige klimaat algemeen gebruik word”.

Lees die volledige berig by Fin24.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.