Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Private universiteite blom, wys Stadio-nuus

Dr. Chris van der Merwe van Curro-faam se jongste baba, Stadio, gaan binnekort die sterkste syfers tot dusver sedert sy notering uitreik.

Dr. Chris van der Merwe, uitvoerende hoof van Stadio.

Die verskaffer van private tersiêre onderrig sê in ’n Sens-verklaring sy verdienste per aandeel gaan tussen 31% en 50% hoër wees in die ses maande tot einde Junie, vergeleke met dieselfde helfte van 2018.

Wesensverdienste per aandeel gaan met tussen 37% en 54% styg.

Die nuus het Stadio se aandeelprys met meer as 8% tot R2,54 laat styg.

Verlede jaar dié tyd het Stadio ’n daling van 0,8% in sy verdienste bekend gemaak en vir sy voljaar, tot einde Desember, het sy basiese en wesensverdienste met 7,8% gestyg.

Stadio, wat in Oktober 2017 genoteer het, beskryf homself as ’n “multiversiteit”. Die maatskappy besit onder meer Milpark, Lisof, Afda, Embury en Prestige Academy.

Van der Merwe, stigter en eerste uitvoerende hoof van die privateskolegroep Curro, is die uitvoerende hoof van Stadio sedert sy ontknoping uit Curro.

Die groep reik sy resultate op 26 Augustus uit.

Die nuus kom in die week wat Curro self aangekondig het sy wesensverdienste per aandeel het met 44% gestyg.

Meer oor:  Curro  |  Stadio  |  Private Onderrig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.