Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
‘Pryse durf nie opgaan,’ waarsku kommissie
’n Vrou in ’n supermark.

Tembinkosi Bonakele, voorsitter van die Mededingingskommissie, het Suid-Afrikaanse handelaars Woensdagaand weer gewaarsku om nie die prys van noodsaaklike produkte tydens die nasionale staat van inperking te verhoog nie.

Die kommissie het reeds verskeie klagtes van verbruikers ontvang oor handelaars wat die prys van produkte soos handreiniger, toiletpapier en gesigmaskers verhoog het.

Kragtens die Wet op Mededinging mag handelaars nie die pryse buitensporig verhoog in tye dat die vraag daarna verhoog nie.

Die kommissie het klagtes ontvang van skokkende prysstygings van veral beskermende klere, maar ook van rys, mieliemeel en kookolie, sê Bonakele.

Die kommissie het reeds aan al die groot handelaars geskryf en gevra dat enige buitensporige prysstygings deur verskaffers aangemeld moet word.

Die kommissie het nog geen kennisgewings van prysstygings van handelaars ontvang nie, maar wel van verbruikers.

Dit dui waarskynlik daarop dat die supermarkte die sondaars is wat pryse opstoot.

Die prys van witmielies het in die afgelope paar dae skerp gestyg, maar dit was weens ’n verhoogde vraag uit Zimbabwe. Dit het sedertdien weer gestabiliseer.

Volgens Bonakele sal die kommissie sy plig nakom en die regering adviseur as die markte nie behoorlik funksioneer nie. “As dit nie werk nie, sal dit regering verplig wees om verdere ingrypings instel.”

Daarom doen die kommissie ’n beroep op die hoofde van supermarkte en ander franchises om steeds hul samewerking te bied, en op verbruikers om onbillike prysverhogings aan te meld.

Verbruikers kan 0800 014 880 of 084 743 0000 skakel om handelaars te verkla.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.