Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
PSG kan amper R2 mjd. uit transaksie met Pepsi kry
Pepsi het aangedui hy gaan die plaaslike voedselmaatskappy Pioneer Foods oorkoop. Foto: PepsiCo

Die PSG-groep kan moontlik R2 miljard kry wanneer die Suid-Afrikaanse voedselgroep Pioneer Foods aan Amerika se PepsiCo-groep verkoop word.

Piet Mouton, uitvoerende hoof van PSG, het Vrydag op die jaarvergadering gesê dit is wat die groep se gedeelte van die spesiale dividend kan beloop wat Zeder beoog om aan sy aandeelhouers te betaal ná die transaksie.

PSG het Zeder begin en is die grootste aandeelhouer in die maatskappy, wat op sy beurt weer die grootste aandeelhouer in Pioneer Foods is.

Zeder gaan sowat R6,4 miljard vir sy belang in Pioneer kry.

Zeder het Donderdagaand aangekondig hy gaan sowat R4,8 miljard se kontant oorhou nadat hy skuld en ander verpligtinge afbetaal het. Hy wil dit as ’n spesiale dividend aan aandeelhouers uitkeer.

Die spesiale dividend gaan tussen R2,49 en R2,78 per aandeel beloop.

PSG se deel van die dividend sal dan tussen R1,86 miljard en R2,08 miljard wees, sê Mouton.

Hy het gesê PSG kan dit gebruik om te belê of skuld terug te betaal.

“Selfs uit PSG se perspektief is dit ’n goeie transaksie wat kontant beskikbaar maak om nuwe idees te ondersoek.”

Hy het aan Netwerk24 gesê die PSG-groep het nog nooit iets so groot verkoop nie.

Die kontant wat inkom indien die transaksie goedgekeur word, is egter klein vergeleke met die groep se totale bates van amper R70 miljard.

Die spesiale dividend behoort goeie nuus te wees vir die boere wat voorheen aandele in Agri Voedsel gehou het en wat ’n groot belang in Pioneer gehad het.

Zeder het sy belang in Pioneer in 2014 van 14% tot 30% opgestoot toe ’n aanbod aan minderheidsaandeelhouers in Agri Voedsel gemaak is. Agri Voedsel se ander 4 500 aandeelhouers was hoofsaaklik boere en hulle het Zeder-aandele gekry.

Die Burger het destyds berig die Pioneer-aandele wat Agri Voedsel gehou het, het ’n lang aanloop uit koöperasies wat die maatskappy se voorgangers sowat 100 jaar gelede gestig het. Daar was destyds “baie emosie” onder aandeelhouers oor die aandele omdat boere gevoel het hulle het die maatskappy opgebou.

Die Burger het voorheen berig daar was baie vrae oor Zeder se dividende van Pioneer af omdat baie van Agri Voedsel se aandeelhouers afgetredenes was wat die dividend as ’n inkomste gebruik het.

Jannie Mouton (72) wat PSG begin het, het die jaarvergadering vir die eerste keer bygewoon sonder dat hy ’n direkteur is. Hy het in November verlede jaar afgetree as direkteur en voorsitter nadat hy vroeër in 2018 aangekondig het hy is met ’n vroeë vorm van demensie gediagnoseer. Hy het in November gesê hy wil op sy gesondheid fokus.

Meer oor:  Pepsico  |  Psg  |  Zeder  |  Pioneer Foods  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.