Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
PSG Konsult wen markaandeel

Die welvaart-en-batebestuurder PSG Konsult het in die jaar tot einde Augustus sy bates onder bestuur met 19% van R193 miljard tot R230 miljard verhoog.

Francois Gouws, uitvoerende hoof van PSG Konsult.

Dit sluit in die bates wat vir kliënte bestuur word deur die adviseurs van PSG Wealth (R182,1 miljard).

Die bates onder bestuur het in die halfjaar tot einde Augustus met 12% gestyg. Dit kan gedeeltelik toegeskryf word aan ’n netto invloei van R7 miljard terwyl R12,3 miljard aan die beweging van die mark toegeskryf is.

PSG Asset Management se bates onder bestuur het met 13% tot R48,1 miljard gestyg in die halfjaar. Hiervan was R4,1 miljard ’n netto invloei, hoofsaaklik in fondse met hoër marges en meestal van gewone beleggers. Die res is vanweë markbewegings.

Francois Gouws, uitvoerende hoof, sê die voortgesette styging in die maatskappy se belangrike bedryfs- en finansiële maatstawwe toon sy sakemodel is standvastig en dat markaandeel selfs in moeilike tye gewen kan word.

Gouws skryf die steeds groeiende markaandeel toe aan hul vermeerdering van adviseurs en ook dat hul adviseurs in die lig van die groeiende wetgewende las nie hul eie administrasie hoef te hanteer nie.

Hy sê die batebestuursafdeling toon ook goeie opbrengste oor een, drie, vyf en tien jaar en het die slaggate van die afgelope jaar in die mark vermy soos om aandele in Steinhoff te besit. Hy skryf dit toe aan goeie navorsing en risikobestuur.

PSG Konsult se inkomste uit batebestuursgelde en kommissie het met 12% tot R1,5 miljard in die halfjaar tot einde Augustus gestyg en sy wins met 17% tot R306,2 miljoen.

’n Dividend van 7c per aandeel is verklaar. Dit is 23% meer as in die vorige halfjaar.

Meer oor:  Psg Konsult  |  Psg  |  Batebestuursfirmas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.