Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
PSG Konsult wil sekondêre notering in Mauritius kry

PSG Konsult wil ’n sekondêre notering in Mauritius kry om sy “internasionale teenwoordigheid” uit te brei.

Francois Gouws, uitvoerende hoof van PSG Konsult.

Die komitee wat besluit oor noterings daar het Dinsdag goedkeuring gegee daarvoor.

PSG Konsult gaan onder PSGK.N0000 handel dryf op die aandeelbeurs van Mauritius.

Die finansiëledienstemaatskappy is reeds ook in Namibië genoteer.

Die notering van sy aandele in Mauritius vind op 27 November plaas.

“Mauritius se aandeelbeurs word as een van die voorstes in Afrika beskou en is ’n volle lid van die Wêreldfederasie van Aandeelbeurse,” lui die maatskappy se verklaring.

Na verwagting gaan die sekondêre notering PSG Konsult help om meer bekend te word in Mauritius en hom toegaan gee tot die kapitaalmarkte daar sodat kapitaal ingesamel kan word indien nodig.

“Dit dien uiteindelik PSG Konsult se aandeelhouers deur toegang tot ’n nuwe poel van beleggers gekry word omdat dit die likiditeit in sy aandele oor tyd gaan verbeter.”

Die verwysingsprys van PSG Konsult gaan gelyk wees aan die laaste randprys op die JSE in dollar.

“Bestaande aandeelhouers wat graag hul PSG Konsult-aandele na die Mauritius-aandeleregister wil skuif, moet hul finansiële en regsadviseurs kontak om hulle met die proses te help.”

Die grootste aandeelhouer in PSG Konsult met 60,4% is PSG Financial Services. Die maatskappy is ’n volfiliaal van die PSG-groep.

Meer oor:  Psg Konsult  |  Psg  |  Mauritius  |  Notering  |  Finansiële Dienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.