Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
PwC bedank as Group Five se ouditeur

PwC het bedank as Group Five se ouditeur.

Group Five se hoofkantoor in Sunninghill, Johannesburg.Foto: Elvira Wood

Die beleërde konstruksiefirma het Woensdag in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, gesê die bedanking is onmiddellik van krag.

PwC is glo ongelukkig omdat verskeie nie-uitvoerende direkteure asook senior bestuurslede onlangs bedank het.

Die konstruksiemaatskappy, wat sedert 11 Maart in sakeredding is, het op 25 Junie aangekondig dat vier van sy direkteure, insluitend die voorsitter, Nonyameko Mandindi, bedank het.

Die ander direkteure wat bedank het, is Michael Upton, Edward Williams en Cora Fernandez.

Nonqaba Katamzi, die maatskappysekretaris, het op 31 Maart bedank.

Group Five sê sy direksie sal onmiddellik met ’n proses begin om ’n nuwe ouditeur aan te stel.

Die maatskappy hoop om sy sakereddingsplan op 30 Augustus te publiseer.

Verhandeling van Group Five se aandele op die JSE is reeds op 15 Maart opgeskort.

Meer oor:  Group Five  |  Pwc  |  Konstruksie  |  Ouditeurs  |  Konstruksiebedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.