Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Qatar en FlySafair vlieg ook nou saam

Qatar Airways en FlySafair gaan nou saamwerk.

Qatar Airways en FlySafair vlieg nou “saam”. Foto: Qatar Airways

Dié twee lugdienste het dié week aangekondig dat hulle ’n ooreenkoms bereik het waardeur passasiers ’n deurlopende diens kan bespreek.

“Die ooreenkoms stel passasiers in staat om van enige van die lughawens van waar FlySafair vlieg, na enige bestemming in die wêreld waarna Qatar vlieg, te bespreek,” verduidelik Kirby Gordon, bemarkingsbestuurder van FlySafair, per e-pos.

“As jy byvoorbeeld van George in die Oos-Kaap na Mumbai in Indië wil vlieg, bespreek jy ’n enkele kaartjie daarvoor.

“Jy vlieg in Suid-Afrika van George na Johannesburg op FlySafair, en die res van jou reis op Qatar.”

Gordon sê een van die groot voordele van dié ooreenkoms is dat as ’n vlug iewers vertraag word en jy jou volgende vlug mis, Qatar jou bloot op die volgende beskikbare vlug sal laat vlieg.

Gordon sê FlySafair het reeds soortgelyke ooreenkomste met KLM en Air France.

Qatar en FlySafair se aankondiging volg kort op dié van Emirates, wat aangekondig het hy het ’n soortgelyke ooreenkoms met Airlink gesluit.

Meer oor:  Flysafair  |  Qatar Airways  |  Vervoer  |  Lugdienste  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.