Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
R2 miljard se inspuiting vir SAB

Die Suid-Afrikaanse Brouery (SAB) kry R2 miljard om nuwe produkte te ontwikkel en sy aanlegte op te knap.

Richard Rivett-Carnac, finansiële hoof by die SAB. Foto: Unsplash

Die geld sal gebruik word vir projekte wat in die 2022-boekjaar voltooi word. Benewens die soektog na innoverende produkte en opknapping, kan die SAB die geld gebruik om nuwe toerusting aan te skaf.

Die SAB word deur die bierreus Anheuser-Busch InBev (ABInBev) besit. Die SAB vervaardig onder meer Castle Light en Brutal Fruit.

Besteding wat vir die 2021-boekjaar beplan was, is vroeër gestaak weens die uitdagings wat die drankbedryf die afgelope jaar moes deursien en onsekerheid oor regulasies en wetgewing.

Pres. Cyril Ramaphosa het nie weer met sy onlangse “familievergadering” ’n drankverbod ingestel nie.

Richard Rivett-Carnac, finansiële hoof by die SAB, sê die aangepaste inperkingsmaatreëls wat Ramaphosa aangekondig het, is redelik en hy hoop daar sal nie weer net deur die bank beperkinge ingestel word nie.

Die nuus oor die SAB se finansiële inspuiting is dus ’n positiewe teken en vloei uit gesprekke met die regering en ander maatskaplike vennote, soos die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac) en die nasionale gesamentlike en operasionale intelligensiestruktuur (NatJoints).

Die geld gaan ook, volgens die SAB, bydra tot die land se ekonomiese herstel en broodnodige werkskepping.

ABInBev se grootste internasionale mededinger, Heineken, wat ook gevestig is in Suid-Afrika, het verlede jaar aangekondig planne om ’n aanleg in KwaZulu-Natal te bou, is van die baan.

Heineken en Suid-Afrika se drankgroep Distell is soos onlangs berig egter in gesprekke oor ’n moontlike oorname.

LEES OOK: Heineken en Distell: Dís dalk die redes vir gesprekke

Volgens internasionale peilings word verwag die wêreld se biermark sal teen die einde van die jaar met 2,5% groei. Dit is op die oomblik $80,2 miljard werd.

Zoleka Lisa, hoof van korporatiewe sake by die SAB, sê dit is belangrik vir maatskaplike vennote om saam te werk om volhoubare oplossings te vind wat lewens, asook mense se inkomstebronne sal spaar.

“Deur hierdie platforms te skep waar rolspelers kan gesels, skep vertroue en die regte omgewing vir maatskappye om te help met hul rol in die sosio-ekonomiese herstel in die land,” sê sy met verwysing na die gesprekke met die regering en by Nedlac en NatJoints.

Volgens Zoleka word 95% van die SAB se produkte plaaslik verkry en vervaardig.

“Ons het dus ’n noue band met die gemeenskappe waarin ons werk en leef. Ons weet die ekonomie kan nie herstel tensy die gemeenskappe ook kragtig is nie.”

Meer oor:  Bier  |  Sab  |  Nedlac  |  Drankbedryf  |  Bierbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.