Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
R2 mjd. vloei binnekort ná versekeraar verkoop is

Die genoteerde Momentum Metropolitan het aangekondig dat die verkryging van die korttermynversekeraar Alexander Forbes afgehandel is.

Dawie de Villiers, uitvoerende hoof van Alexander Forbes, wat voorheen van Sanlam was.

Die transaksie is einde Julie 2019 aangekondig.

Alexander Forbes sê al die voorwaardes van die transaksie is nagekom en die verkoop van die onderneming vind Vrydag plaas.

Die opbrengs van R2 miljard gaan binnekort ontvang word.

Alexander Forbes beoog om die geld aan te wend om sy wentelkrediet gedeeltelik terug te betaal en om van sy gewone aandele terug te koop, ’n plan wat onlangs aangekondig is.

Die verkoop van die versekeraar help met die toepassing van die maatskappy se strategie wat ’n hernude fokus op sy kernsake van konsultasie, administrasie en beleggings gaan meebring.

LEES OOK: Motsepe-groep belê R1 miljard in Alexander Forbes

Die swartbemagtigingsgroep African Rainbow Capital (ARC) Investments het verlede week aangekondig hy wil ’n groot belang in Alexander Forbes teen R1 miljard koop.

Drie transaksies gaan plaasvind wat ARC uiteindelik die grootste aandeelhouer in Alexander Forbes gaan maak.

Alexander Forbes het op dieselfde dag aangekondig hy gaan R1 miljard van sy eie aandele terugkoop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.