Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
R233 m. nodig vir afleggings by Group Five

Die konstruksiegroep Group Five gaan R233 miljoen nodig hê om afleggingspakkette te betaal te midde van sy sakeredding.

Group Five se vorige hoofkantoor in Waterfall, noord van Johannesburg. Die maatskappy het onlangs na Sunninghill verskuif. Foto: Elvira Wood

Die groep het nie gesê hoeveel werknemers geraak word nie.

Group Five het Donderdag bevestig dat die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) sy aansoek om in sakeredding geplaas te word, ontvang het.

Dit kom nadat hy Dinsdag aangekondig het die direksie van Group Five en van sy filiaal G5 Construction het besluit die maatskappye moet in sakeredding gaan ingevolge art. 6 van die Maatskappywet.

G5 Construction het ’n kontanttekort van R2,39 miljard. Die verhandeling van Group Five se aandele is dié week opgeskort.

Die CIPC het bevestig dat David Lake en Peter van den Steen van Metis Corporate Advisory as sakereddingspraktisyns aangestel is. – Fin24, verkort

Meer oor:  Group Five  |  Sakeredding  |  Infrastruktuur  |  Konstruksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.