Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
R25 miljoen per jaar as jy hier dié baas is

Die gemiddelde vergoeding van ’n uitvoerende hoof van een van Suid-Afrika se tien grootste genoteerde maatskappye is R24,9 miljoen per jaar.

Gerald Seegers, direkteur van mensehulpbrondienste van PwC Suid-Afrika.

Finansiële hoofde van die tien grotes verdien gemiddeld R15,1 miljoen per jaar se totale vergoeding en vir ander topbestuurders R8,7 miljoen.

Dit blyk uit die jongste PWC-verslag oor uitvoerende direkteurs se vergoeding.

British American Tobacco, Naspers en FirstRand tel onder die tien grootste JSE-genoteerde maatskappye wat ontleed is. Markwaarde soos op 30 April is gebruik en alle maatskappye, ook dié met hul sekondêre notering op die JSE soos die bierreus Anheuser-Busch Invev, is gebruik.

Die verhouding tussen die vergoeding wat ’n maatskappyhoof verdien en die gemiddeld van al die ander werknemers in die maatskappy het van 61,8 in 2017 tot 64,7 in 2018 gestyg.

Die Gini-koëffisiënt, wat inkomste-ongelykheid meet, het effens gedaal – van 0,431 in 2017 tot 0,429 in 2018.

“Maatskappye word al meer verantwoordbaar gehou vir hul bydraes tot maatskaplike opheffing te midde van sodanige hardnekkige ongelykheid, sê Gerald Seegers, PwC se hoof van mense en organisasie.

Hy sê maatskappye is in die algemeen meer bewus van hul verantwoordelikheid om deursigtig oor vergoeding te rapporteer, veral omdat dit vertroue onder alle belanghebbendes bou.

In die lig van korporatiewe skandale in private en openbare maatskappye in Suid-Afrika moet daar ’n beginselbesluit geneem word om individue verantwoordbaar te hou wat wanvoorstellings oor die maatskappy se geldsake gedoen word, sê Seegers.

Wie is die top-10?
  1. Anheuser-Busch Inbev
  2. British American Tobacco
  3. Naspers
  4. Glencore
  5. Richemont
  6. BHP
  7. Anglo American
  8. FirstRand
  9. Standard Bank
  10. Sasol

“As ’n mens kyk na ’n geval soos Steinhoff, kon beleggers in die maatskappy se Nederlandse bedrywighede wel in ’n mate terugveg maar dit is nie die geval in Suid-Afrika nie,” sê Seegers.

“Die vraag wat ons moet beantwoord, is watter uitwerking ’n oortreding van fidusiêre pligte of wangedrag op die vergoeding van uitvoerende hoofde sal hê en of maatskappye die aansporings kan terugkry wat aan uitvoerende hoofde betaal is wat misdrywe gepleeg het.”

Meer oor:  Pwc  |  Vergoeding  |  Uitvoerende Hoofde  |  Salarisse  |  Ongelykheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.