Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
R74 000 vir ’n pop dié Kersfees
Die American Girl-pop wat ’n koper $5 000, of sowat R74 000, uit die sak gaan jaag. Foto: American Doll

Met Kersfees om die draai is daar vele meisietjies wat met liefde na poppe in speelgoedwinkels staar.

Vanjaar gaan hulle, en hul ouers, waarskynlik twee keer kyk wanneer hulle een van drie American Girl-speelgoedwinkels in Amerika besoek.

Die maatskappy, ’n filiaal van Mattel, het Maandag in ’n verklaring gesê hy het in samewerking met Swarovski ’n spesiale uitgawe van die American Girl-pop gemaak.

Dié pop, wat net soos alle ander American Girl-poppe lyk, dra ’n rok wat met meer as 5 000 Swarovski-kristalle versier is.

Dit het 40 uur geneem om die rok te maak.

Die prys van die pop? ’n Enorme $5 000, of sowat R74 000 teen die huidige wisselkoers.

American Girl erken egter dat hy nie verwag baie mense sal so ’n pop kan bekostig nie.

Hy het dus net drie van hulle gemaak.

Die poppe sal in sy winkels in New York, Chicago en Los Angeles te sien wees.

Mense sal van 8 November kan gaan kyk hoe hulle deel vorm van ’n “winter-wonderland” wat American Girl saam met Swarovski in elk van dié drie winkels se vertoonvensters gaan skep.

Hoewel die meeste mense nie die pop gaan kan bekostig nie, gaan hulle darem langs een kan staan en ’n foto saam met haar neem.

Swarovski gaan 350 stringe kristalle gebruik om die vertoonvensters mee te tooi. Boonop gaan ’n addisionele 159 kg se kristalle gebruik word om die venster van die winkel in New York mee op te tooi.

Poppe soortgelyk aan die American Girl-poppe word teen sowat R700 elk in Suid-Afrika verkoop.

Meer oor:  Swarovski  |  American Girl  |  Pop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.