Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
R86,2 mjd. se besteding kry kruisie onder Gordhan

Die onreëlmatige besteding van die staatsondernemings wat onder die departement van openbare ondernemings se toesig is, het van R31,4 miljard tot R86,2 miljard in die afgelope boekjaar gestyg.

Die departement wat openbare ondernemings onder leiding van Pravin Gordhan sedert begin verlede jaar, het self ’n skoon oudit van die ouditeur-generaal vir die jongste boekjaar gekry.

Dié inligting is Dinsdag deur die ouditeur-generaal met die parlement se portefeuljekomitee oor openbare ondernemings gedeel.

Die departement wat onder leiding van Pravin Gordhan is sedert einde Februarie verlede jaar, het self egter ’n skoon oudit van die ouditeur-generaal vir die boekjaar tot einde Maart 2019 gekry.

Die parlement het verlede week van Gordhan gehoor dat SAL se jaarverslag weer die spertyd gaan mis.

Yolisa Ndikandika, ’n amptenaar van die ouditeur-generaal, het aan die komitee gesê die staatsondernemings onder die departement is in verskillende fases van hul reis na optimale finansiële gesondheid.

“Eskom het ’n gekwalifiseerde ouditmening gekry soos in die vorige boekjaar weens al die onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende besteding wat nie bevestig kon word nie. Sommige van die bevindinge in die vorige boekjaar deur die ouditeur-generaal is nie voldoende gehanteer nie,” het Ndikandika gesê.

Transnet het weer ’n gekwalifiseerde ouditmening gekry weens die inligting oor sy onreëlmatige besteding in sy finansiële state wat ook onvolledig is.

Safcol het ook ’n gekwalifiseerde ouditmening gekry oor onreëlmatige besteding omdat hy nie voldoende stelsels het om dié besteding te identifiseer en daaroor verslag te doen nie.

Volgens Ndikandika het Denel se finansiële state ook nie verbeter nie weens die onvoldoende regstelling van die gekwalifiseerde ouditmening wat verlede jaar gekry is. Fin24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.