Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Raai raai, wie hou die meeste van hul supermark?
Verbruikers is baie tevrede met Woolworths, toon 'n nuwe verslag.

Woolworths is die supermark waarmee Suid-Afrikaanse inkopiegangers die mees tevrede is.

Woolworths het ’n telling van 82,1 uit 100, volgens die Suid-Afrikaanse indeks van verbruikerstevredenheid (SAcsi), wat beduidend meer is as die bedryf se gemiddelde van 76,2 punte.

Hy is ook die enigste supermark wie se telling die afgelope jaar verbeter het.

Checkers, met ’n telling van 77,2, en Pick n Pay met 76,5 het albei ook effens beter as die gemiddelde gevaar. Shoprite (75,5) en Spar (75,2) was onder die gemiddelde.

SAcsi is ’n aanwyser van verbruikerstevredenheid oor die gehalte van produkte en dienste. Die navorsingsfirma Consulta stel die indeks saam. Die SAcsi kyk na verskeie aspekte van ’n klant se ervaring van ’n handelsnaam en ook die mate waartoe ’n produk of diens voldoen aan die verwagtinge.

Volgens SAcsi is klante in die algemeen tevrede met plaaslike supermarkte, ten spyte daarvan dat lojaliteit in die algemeen afgeneem het in 2016 vergeleke met 2015. Algehele lojaliteit het van 76,4 punte in 2015 tot 74,2 in 2016 gedaal.

Woolworths het die lojaalste klante en het die hoogste telling van 77,3, gevolg deur Shoprite (74,9), Pick n Pay (74,6), Spar (73,5) en Checkers (72,5).

“In moeilike ekonomiese tye sal die prys van goedere verbruikerslojaliteit waarskynlik beïnvloed, selfs al is hulle tevrede klante,” sê prof. Adré Schreuder, uitvoerende hoof van Consulta.

“Maar “lojaliteit” wat deur pryse gemotiveer word, is nie permanent nie en hoewel klante dalk nou minder handelsnaamlojaal is, kan supermarkte nie bekostig om op te hou belê in positiewe inkopie-ervarings nie,” sê Schreuder.

Volgens die SAcsi glo klante dat hulle goeie waarde van Woolworths kry, met ’n telling van 87 vir vermeende gehalte en 80,6 vir vermeende waarde, vergeleke met die bedryf se gemiddelde van onderskeidelik 80,3 en 76,5.

Woolworths het ook die beste netto aanbevelingstelling of NPS – die waarskynlikheid dat ’n klant sy supermark by iemand anders sal aanbeveel – wat aandui dat klante van Woolworths waarskynliker dié supermark sal aanbeveel.

Woolworths se NPS is 50%, wat 18 persentasiepunte meer is as die bedryf se gemiddelde van 32%.

Meer oor:  Woolworths  |  Peiling  |  Verbruikers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.