Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Raai watter supermarkte se gewildheid neem af?

Dit is nie nuus as Woolworths die supermark is waarmee Suid-Afrikaanse verbruikers die mees tevrede is nie; hy was al voorheen in dié posisie.

Werkers pak voorraad uit in 'n supermark. Foto: Denzil Maregele

Wat wel nuus is, is dat Shoprite die laagste telling vir verbruikerslojaliteit gekry het in die jongste peiling vir die Suid-Afrikaanse verbruikerstevredenheidsindeks (SAcsi), wat deur Consulta uitgevoer word.

In die vorige peiling, wat in 2016 gedoen is en waarvan die resultate in 2017 uitgereik is, was Shoprite in die tweede plek wat die lojaliteit van klante aanbetref.

Lees hier hoe sake in 2017 gelyk het: Raai raai, wie hou die meeste van hul supermark?

Die SAcsi meet verbruikers se tevredenheid met die groot vyf supermarkte – Woolworths, Pick n Pay, Spar, Checkers en Shoprite.

Woolworths is in die jongste peiling soos voorheen in die algeheel eerste plek.

Sy telling het egter sedert die vorige peiling afgeneem en die gaping tussen Woolworths en sy mededingers het gekrimp.

Consulta sê in ’n verklaring Spar se fokus op geriefswinkels en sy vars voorbereide kos dra vrugte, want sy telling in die peiling het wesenlik verbeter.

Die peiling is verlede jaar onder 1 619 klante uitgevoer.

Die algehele telling word uit verskeie onderafdelings saamgestel.

Die bedryfsgemiddelde is 76,7 punte, terwyl Woolworths 80,6 punte gekry het. Shoprite staan op 72,6 punte.

In die onderafdeling vir “waargenome waarde” het Checkers die beste gevaar. Dit hou verband met die waarde wat klante meen hulle kry vir die prys wat hulle betaal.

Pick n Pay het in dié onderafdeling die laagste punt gekry, maar ook Woolworths sukkel opmerklik op dié gebied. “Dit onderstreep die siening dat Woolworths die duurste supermarkgroep is.”

Ten opsigte van die hantering van klagtes het Checkers die beste gevaar terwyl Shoprite die swakste gevaar het.

Pick n Pay het egter die meeste klagtes ontvang, veral oor kos wat verval het, verkeerde rakpryse en oor sy Smart Shopper-kaart.

Al die supermarkte het meer klagtes ontvang. Die hantering van klagtes het ’n regstreekse verband met die lojaliteit van klante, sê Consulta.

Shoprite se telling ten opsigte van lojaliteit was die laagste en het sigbaar agteruitgegaan sedert 2016.

Woolworths het die hoogste telling gekry met ’n effense verbetering sedert 2016.

Woolworths het ’n telling van 46,8 gekry in die onderafdeling vir hoe waarskynlik iemand dié winkels sal aanbeveel, terwyl Pick n Pay die laagste telling gekry het van 28.

Shoprite was net effens beter op 28,8.

Die bedryfsgemiddelde is 34,7.

Checkers het in dié onderafdeling verbeter sedert 2016 en het nou die naasbeste punt gekry.

Meer oor:  Pick N Pay  |  Shoprite  |  Spar  |  Checkers  |  Woolworths  |  Kleinhandel  |  Supermark  |  Kruideniersware  |  Verbruikers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.