Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Ramaphosa vereer Maponya met staatsbegrafnis
Richard Maponya. Foto: Daily Sun

Richard Maponya, die sakeman wat Maandag dood is, sal op 14 Januarie begrawe word in wat as ’n kategorie 2-staatsbegrafnis beskryf word.

Pres. Cyril Rampahosa het dié aankondiging in ’n verklaring Donderdagoggend op die presidensie se webtuiste gemaak.

Die landsvlag sal van Vrydag tot 14 Januarie halfstok hang.

Ramaphosa sê die Maponya-naam is ’n "waardige instelling in ons openbare lewe, wat staan vir uitnemendheid wat Suid-Afrikaners inspireer".

Maponya, wat kort ná sy 99ste verjaarsdag dood is, was veral bekend vir die ontwikkeling van die Maponya-winkelsentrum in Soweto.

Ramaphosa het kort ná Maponya se dood gesê die land het ’n pionier, ’n baanbreker en ’n buitengewone man verloor wat die weg gebaan het vir transformasie van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

“Die lewe van dr. Maponya is ’n bewys van veerkragtigheid, vasberadenheid en die visie om swart ondernemings te laat groei om hul rol as ’n belangrike deelnemer en drywer van ons ekonomie te aanvaar.

“Hy was van daardie seldsame geslag van entrepreneurs wat nie deur moeilike bedryfsomstandighede terughou of moedeloos word nie. Om die waarheid te sê, as daar struikelblokke in sy pad geplaas is, het dit hom nog verder gedryf om te slaag,” sê Ramaphosa.

Huldeblyke het sedert Maponya se dood van oral ingestroom.

Leon Louw van die Vryemarkstigting (FMF), beskryf Maponya as ’n ware entrepreneur wat hom nie deur apartheid laat onderkry het nie.

“Ek was bevoorreg om saam met dr. Maponya en ander helde van die entrepreneuriese stryd teen ‘die stelsel’ te baklei. Ná daardie donkerste dae van apartheid, is gekontroleerde kontroles verslap tot op die punt waar hy grond kon besit, Maponya Mall kon bou – die eerste groot winkelsentrum in ’n ‘swart’ gebied – en, glo dit of nie, ’n renperd besit,” skryf hy in ’n eerbetoon aan die sakeman.

Oor die renperd het Maponya voorheen aan Mail & Guardian gesê dat “ek het gedink daar is iets verkeerds dat swart mense net op perde kon wed, maar nie renperde kon besit nie.

“Dit is hoe ek by perdewedrenne betrokke geraak het.”

Maponya het Suid-Afrika se derde grootste renperdeienaar geword.

Meer oor:  Richard Maponya  |  Cyril Ramaphosa  |  Staatsbegrafnis  |  Sterfte  |  Sakeman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.