Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Rand-gekonkel: Kommissie moet klagte duideliker stel

Klagte teen ’n tiental groot banke dat hulle oor die waarde van die rand gekonkel het, moet herskryf word.

Dit is die bevel van die Mededingingstribunaal aan die Mededingingskommissie oor dié ondersoek, wat reeds vier jaar lank sloer.

23 banke word daarvan beskuldig dat hulle voorheen met die waarde van die rand teenoor die dollar gekonkel het. Foto: Pixabay

Die banke het aansoek gedoen dat die saak heeltemal geskrap word. Die tribunaal het egter dié versoek van die hand gewys.

Die tribunaal het wel bevind dat daar tekortkominge is in die klagte wat deur die Mededingingskommissie saamgestel is. Die kommissie het nou 40 dae om dit reg te stel.

“Die kommissie sal moet beweer dat die gedrag van die betrokke banke ’n invloed in Suid-Afrika gehad het,” sê die tribunaal in ’n e-pos aan Bloomberg.

Die kommissie moet ook sy klag beperk “tot een wat betref ’n enkele, oorkoepelende sameswering”. Meer besonderhede oor die sameswering moet ook verskaf word.

Die bevel is die nuutste hoofstuk in die saga wat sy oorsprong in Mei 2015 het.

Die kommissie beweer dat onder meer JPMorgan Chase, BNP Paribas, Bank of Merrill Lynch, Investec, Standard Bank en Standard Chartered saamgespan het om die waarde van die rand teenoor die dollar te bekonkel.

Altesame word 23 banke betrek.

Die ondersoek het gevolg op ’n wêreldwye ondersoek na die manipulering van die valutamark wat twee jaar vroeër blootgelê is.

Dit het tot ondersoeke in die VSA en Brittanje gelei.

Meer as ’n dosyn finansiële instellings het tot dusver wêreldwyd boetes van ongeveer $11,8 miljard betaal.

’n Verdere $2,3 miljard is bestee om kliënte en beleggers te vergoed.

Die tribunaal sê boonop hy het nie die jurisdiksie om boetes aan banke op te lê wat nie ’n teenwoordigheid in Suid-Afrika het nie.

Proses

Wat betref die ondersoek, beskuldig die banke en kommissie mekaar wedersyfds dat foute gemaak is.

HSBC en Investec het in Mei 2017 gekla dat die kommissie na die verkeerde wetlike entiteite in sy bewerings verwys.

Standard Bank, Bank of America Merrill Lynch en Standard New York Securities het almal gesê die verhandelaars wat die kommissie beweer het die geldeenheid namens hulle gemanipuleer het, het óf nooit vir hulle gewerk nie óf het nooit met die rand handel gedryf nie.

Citigroup het in Januarie 2017 ingestem om ’n boete van R69,5 miljoen te betaal vir sy beweerde rol in die debakel.

Barclays Africa, wat sedertdien sy naam na Absa verander het, is as fluitjieblaser van enige boetes gevrywaar. – Bloomberg

Meer oor:  Valutahandel  |  Rand  |  Valuta  |  Mededingingstribunaal  |  Banke  |  Mededingingskommissie  |  Wisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.