Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
‘Rassis’ red R60 miljoen van VBS Mutual Bank
Die dramatiese voorblad van adv. Terry Motau se verslag oor VBS Mutual Bank,

’n Afrikaanssprekende vrou is as ’n rassis uitgekryt toe sy beswaar gemaak het teen ’n onwettige belegging by VBS Mutual Bank. Nou is sy een van die bitter min helde in die verslag oor die plundery van dié onderlinge bank.

Danksy Mariette Venter, waarnemende finansiële hoof van die Capricorn-distriksmunisipaliteit, is dié munisipaliteit nou een van die min munisipaliteite in Limpopo wat nié finansiële probleme ontwikkel het toe VBS in kuratele geplaas is nie, skryf adv. Terry Motau in sy verslag “The Great Bank Heist”.

Die verslag, wat Woensdag uitgereik is, veroorsaak steeds ’n opskudding in politieke kringe, onder meer omdat dit oudpres, Jacob Zuma se liefdadigheidstigting en Brian Shivambu, broer van die EFF-adjunkleier, Floyd Shivambu, as moontlike begunstigdes van bedrog identifiseer.

Capricorn sluit die stede en dorpe Polokwane, Molemole, Blouberg en Lepelle-Nkumpi in. Dit is genoem na die Steenbokskeerkring wat daardeur loop.

Volgens die verslag het Venter “opgestaan teen enorme druk” en daarin geslaag om R60 miljoen wat by VBS belê is, terug te kry voordat die bom by VBS gebars het.

Die geld is in Desember 2015 deur Gilbert Kganyago, die destydse burgemeester, belê terwyl Venter met verlof was, ondanks bepalings dat slegs die finansiële hoof van die munisipaliteit beleggings mag doen.

“Sy is onregmatig uit haar pos geskors en gebrandmerk as ’n rassis wat nie openbare geld in ’n swart bank wou belê nie.

Venter is ’n geoktrooieerde rekenmeester.

Sy is onregmatig uit haar pos geskors en gebrandmerk as ’n rassis wat nie openbare geld in ’n swart bank wou belê nie.

Venter het vasgeskop omdat die belegging die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur oortree het. Dié wet verplig munisipaliteite om slegs geld by handelsbanke te belê en maak beleggings by onderlinge banke onwettig.

Daarby vereis Capricorn se eie beleid, in pas met die wet, dat beleggings slegs by instellings gedoen word wat ’n beleggingsgradering by Standard & Poor’s Gobal Ratings of Moody’s Investors Service het.

Dit het Venter “aansienlike probleme” gegee om die geld terug te kry, wat teen Junie 2016 gedoen is. Philip Truter, VBS se finansiële hoof, het haar ook aan ’n lyntjie gehou.

Die geld is eindelik terugbetaal toe Venter gedreig het om die Reserwebank te kontak, maar sy is toe geskors, “vir ’n vermeende onverwante saak”. Die skorsing is ’n week later opgehef.

Kganyago is in 2016 as burgemeester geskors, maar net omdat hy interne ANC-reëls oor politieke vergaderings oortree het. Hy is sedertdien met John Mpe vervang.

Venter, wat steeds dieselfde pos as waarnemende finansiële hoof beklee, het nie foonoproepe of e-pos beantwoord nie. Volgens die munisipaliteit was sy heeldag in vergaderings.

Meer oor:  Vbs  |  Vbs Mutual Bank  |  Bankbedryf  |  Staatskaping  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.