Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
RCL Foods kry voor einde van die jaar nuwe hoof

RCL Foods se uitvoerende hoof tree uit.

Miles Dally, uitvoerende hoof van RCL Foods, tree in November af.

Miles Dally tree op 30 November af en sy opvolger, Paul Cruickshank, neem op 1 Desember die leisels by hom oor. Hy is tans bedryfshoof van RCL, wat onder meer Selati-suiker, Ouma-beskuit, Rainbow-hoenderprodukte en dierekos soos Catmor en Dogmor vervaardig.

Dally werk reeds 18 jaar vir RCL en beklee vanaf 2013 die pos as uitvoerende hoof.

Volgens RCL verlaat Dally die maatskappy ingevolge die groep se “normale aftreebeleid”.

Dit kom kort nadat RFG (voorheen Rhodes Food Group) se uitvoerende hoof, Bruce Henderson, sy aftrede aangekondig het.

LEES OOK: Groot kosgroep se hoof tree af

Die direksie bedank Dally vir sy leierskap en bydrae en wens hom ’n “lang en gesonde aftrede” toe.

Cruickshank, ’n geoktrooieerde rekenmeester, het hom in 2004 by RCL Foods aangesluit en luidens ’n verklaring het hy deeglike ondervinding opgedoen in sy 17 jaar by die maatskappy.

Dally was voorheen uitvoerende hoof van Rainbow Chicken, wat ook in die RCL-stal val.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.