Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
RCL verwag skerp daling in wins

Al vervaardig hy kos en dierekos – wat regdeur die inperking verkoop kon word – gaan RCL Foods se wins skerp daal weens die Covid-19-krisis.

Rainbow se hoenderpolonie. Foto: RCL Foods

Die maatskappy sê in ’n handelsverklaring sy kernwesensverdienste per aandeel vir die ses maande tot einde Junie gaan tussen 57,1% en 70,4% laer wees as in 2019. Dis veel meer as die nagenoeg 30% wat nog in Junie verwag is.

Die groep, wat onder meer Rainbow Chicken, Selati-suiker, Ouma-beskuit en dierekos soos Bobtail, Epol en Catmor vervaardig, sê sonder die inperking sou sy groei “betekenisvol” gewees het.

Die swak syfers is in ’n vorige handelsverklaring grootliks daaraan toegeskryf dat restaurante aan wie die groep hoenderprodukte lewer, vir ’n groot deel van die inperking gesluit was.

Die groep se verlies per aandeel gaan ook aansienlik groter wees – dit styg met meer as 700%. Die grootste rede hiervoor is weens afskrywings in eiendom en toerusting, klandisiewaarde en handelsname van R1,5 miljard, faktore wat nie deel is van die wesensverdienste per aandeel nie.

Die groep reik sy resultate op 31 Augustus uit.

Meer oor:  Rcl Foods  |  Staat Van Inperking  |  Kos  |  Koronavirus  |  Suiker  |  Vlak 2  |  Hoender  |  Inperking  |  Kosvervaardigers  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.