Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Regering 'ernstig oor gebeure by Steinhoff' - Gigaba
Minister van finansies, Malusi Gigaba.

Die regering beskou die gebeure by die internasionale meubelhandelaar Steinhoff in ’n baie ernstig lig, want dit het ’n groot impak op die finansiële markte en die spaargeld en beleggings van gewone Suid-Afrikaners, het Malusi Gigaba, minister van finansies, Vrydag in Johannesburg gesê ná ’n vergadering met die JSE, die staatspensioenfonds (GEPF) en ander reguleerders.

Gigaba sê ’n taakspan gaan saamgestel word om Suid-Afrikaners se pensioengeld te help beskerm ná die skerp val in Steinhoff se aandeelprys sedert verlede week.

Volgens Gigaba gaan die nasionale tesourie en sakelui ’n beleggerstoer onderneem om beleggers gerus te stel oor die integriteit van die Suid-Afrikaanse finansiële markte.

Nicky Newton-King, uitvoerende hoof van die JSE, het herhaal dat die JSE nie die verhandeling in Steinhoff se aandele op die beurs sal opskort nie. Dit sou die “uiterste laaste ding wees om te doen”, want dit sou nadelig wees vir aandeelhouers om nie in hul aandele te kan verhandel nie.

Nicky Newton-King, uitvoerende hoof van die JSE.

Volgens Newton-King het Steinhoff tot dusver goed saam met die JSE gewerk wat betref die beurs se versoek om inligting.

Die Frankfurtse aandelebeurs, waar Steinhoff ook genoteer is, het ook verlede week gesê hulle oorweeg dit nie om die verhandeling in Steinhoff se aandele op te skort nie.

Bernard Agulhas, uitvoerende hoof van die Onafhanklike Reguleringsraad van Ouditeure, het op sy beurt gesê hy gaan die ouditfirma Deloitte ondersoek vir die ouditwerk wat dié firma vanaf 2014 tot 2016 op Steinhoff se boeke gedoen het.

Sfiso Buthelezi, adjunkminister van finansies en voorsitter van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), wat die staatspensioenfonds se bates bestuur, het gesê hoewel die tesourie nie aan Steinhoff kan voorskryf om sy direksie te ontbind nie, behoort daar stabiliteit by die maatskappy te wees om sekerheid aan beleggers te gee.

Hy het gesê hy is geskok oor die gebrek aan transformasie in Steinhoff se direksie. - Fin24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.