Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Regering kla oor SA Express se reddingsplan
SA Express is vroeg in Februarie ingevolge ’n hofbevel in sakeredding geplaas.

Die departement van openbare ondernemings is besorgd oor planne om die staatsbeheerde lugdiens SA Express se vlerke te knip.

Die departement sê in ’n verklaring Vrydagmiddag dat die lugdiens se sakereddingspraktisyns beplan om die lugdiens se vlugte te staak sonder dat ’n sakeplan vir die stabilisering van sy bedrywighede eers aangebied is.

SA Express is vroeg in Februarie ingevolge ’n hofbevel in sakeredding geplaas, twee maande nadat die Suid-Afrikaanse Lugdiens in vrywillige sakeredding geplaas is.

Hoewel albei die lugdienste in staatsbesit is, is hulle afsonderlike ondernemings.

Die departement sê hy het vroeër in die week met SA Express se sakereddingspraktisyns, Daniel Terblanche en Phahlani Mkhombo, vergader om te hoor wat hul sakereddingsplan is.

Die departement het die praktisyns ingelig dat die sakereddingsplan wat hulle voorgelê het, heeltemal ontoereikend is en dat dit nie belangrike kommersiële elemente insluit wat die departement in staat sal stel om ’n sakeplan aan die nasionale tesourie voor te lê vir sakereddingsfinansiering nie, het die verklaring van die departement gelui.

Die praktisyns is gevra om die plan met die vakbonde, asook die direksie en bestuur van SA Express te bespreek.

Fin24 het op 6 Februarie berig dat die hooggeregshof in Johannesburg beslis het dat SA Express in sakeredding geplaas moet word. SA Express het toe aangedui hy sal appelleer teen die hofbeslissing.

Die hofbeslissing het gespruit uit ’n aansoek van die vervoer- en logistiekemaatskappy Ziegler wat beweer SA Express skuld hom R11,3 miljoen vir dienste gelewer.

Ziegler se regsverteenwoordigers het in dié hofsaak gewaarsku die feit dat die SAL in sakeredding is, plaas SA Express se volhoubaarheid ook in die gedrang omdat hy van die SAL vir kaartjieverkope, verwante dienste en vlugkodes afhanklik is.

Die regering se plan was aanvanklik dat die SAL en SA Express sou saamsmelt, maar niks het nog daarvan gekom nie. SA Express se vlerke was in 2018 vir drie maande geknip toe die Burgerlugvaartowerheid sy bedryfslisensie opgeskort het. Verlede jaar in Mei moes SA Express ook sy vlugte staak toe hy nie sy rekeninge aan die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika kon betaal nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.