Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Regering praat met moontlike vennote vir SAL – Cyril

Die regering onderhandel met potensiële strategiese ekwiteitsvennote vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), het pres. Cyril Ramaphosa Maandag gesê.

Vliegtuie van die Suid-Afrikaanse Lugdiens staan op ’n aanloopbaan. Foto: Bloomberg

Die president het Maandag op die Financial Times Africa-beraad in Londen gepraat.

Hy het die openingsrede gelewer op hierdie internasionale beraad vir beleggers en sakelui.

Tydens ’n vraag-en-antwoord-sessie het hy meer besonderhede gegee oor die regering se standpunt oor die toekomstige rol van die private sektor in staatsondernemings.

Een van dié moontlike vennootskappe is by die SAL.

“Ons het op rekord gesê ons is oop vir deelname van die private sektor ten opsigte van sommige van ons staatsondernemings.

“Ons praat byvoorbeeld met ’n paar belangstellende partye oor die SAL.”

Die SAL het sedert 2011 nog nie ’n wins behaal nie en het verlede week die uitreiking van sy finansiële state vir die boekjaar tot einde Maart uitgestel weens onsekerheid oor sy status as lopende saak.

Die ANC-regering steun nie privatisering nie, maar het al herhaaldelik gesê hy sal die verkoop van ’n strategiese ekwiteitsbelang in die SAL oorweeg.

Aan die begin van Oktober het Ethiopian Airlines, Afrika se suksesvolste lugdiens, aangedui dat hy belang stel om ’n belang in die beleërde SAL te koop.

Die banke dreig om nie weer enige nuwe lenings aan die SAL toe te staan as hy nie eers ’n plan het om sy bestaande skuld van R9,2 miljard af te betaal nie.

Fin24, bygewerk

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.