Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Regering ‘steeds simpatiek’ oor SA Express

Die regering is steeds simpatiek oor die lot van die werknemers van sy streeklugdiens SA Express, wat al maande lank nie salarisse ontvang nie, het die departement van openbare ondernemings Vrydagmiddag gesê.

SA Express is finaal deur Covid-19 gekelder.

Dit volg op berigte dat die departement geweier het om gehoor te gee aan ’n versoek om skeidingspakkette vir die 691 werknemers te finansier.

Maar die departement sê die versoek word in werklikheid nog deur die regering oorweeg.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het ook al vroeër belowe dat sy departement by die Werkloosheidsversekeringsfonds hulp vir die werknemers sal vra.

Mediaberigte het Donderdag opgeduik oor ’n brief wat Kgathatso Tlhakudi, waarnemende direkteur-generaal van openbare ondernemings, aan een van die werknemer-verteenwoordigers van SA Express gestuur het. Dit was in reaksie op ’n versoek vir post-aanvangsfinansiering vir SA Express se sakeredding, wat volgens Tlhakudi van die hand gewys is.

Maar volgens die departement is sy antwoord verkeerd geïnterpreteer dat as die regering nie wil help met geld vir skeidingspakkette nie.

Die departement het beklemtoon die lugdiens is in Februarie in sakeredding geplaas weens sy geldposisie wat erg verswak het.

Die regering het in die vorige boekjaar ’n reddingsboei van R1,5 miljard aan SA Express gegee om hom van bankrotskap te red en sy kontantvloei te verbeter, maar sy bedrywighede het steeds agteruitgegaan.

Die lugdiens is tans in voorlopige likwidasie.

Die sakeredders kon nie met ’n lewensvatbare reddingsplan vorendag kom nie, en boonop het die Covid-19-pandemie toegeslaan, wat lugdienste wêreldwyd erg getref het.

Meer oor:  Sa Express  |  Covid-19  |  Likwidasie  |  Staat Van Inperking  |  Lugdienste  |  Koronavirus  |  Sakeredding  |  Vlak 3  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.