Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
OORSIG: Is Myeni regtig siek?

Malusi Gigaba verskyn Dinsdag voor die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings oor sy rol in besluite rakende Eskom terwyl hy minister van openbare ondernemings was.

Volg Netwerk24 se regstreekse dekking van verrigtinge hier.

13 Mrt. 17:10:42

Gigaba se ondervraging is afgehandel.

Die komitee bespreek nou of Dudu Myeni, vorige voorsitter van die SAL, gedagvaar moet word om in die ondersoek te kom getuig.   

Myeni het in 'n brief laat weet dat sy nog siek is en nie die sitting kan bywoon nie. Komiteelede sê haar brief lyk soos 'n oorlogverklaring.

Rembuluwani Tseli (ANC) sê die ondersoek kan nie deur een individu gyselaar gehou word nie, want die komitee moet sy werk afhandel.

Floyd Shivambu (EFF) sê die komitee moet ondersoek of Myeni regtig siek is, want dis teen die wet om die parlement te mislei en om te weier om voor die komitee te verskyn.

Steve Swart (ACDP), sê tot op datum het die komitee nog geen doktersertifikaat ontvang van Myeni nie, nadat sy 'n mediese verslag belowe het.  

13 Mrt. 16:58:58

Die verrigtinge word verdaag.

13 Mrt. 16:58:37

Hy sê sy moenie die versekering gee dat daar nie nagevolge (soos hofgedinge) vir Gigaba kan wees nie. 

13 Mrt. 16:57:17

Shivambu steek sy hand op. Hy sê dit wat Rantho nou kwytraak, nie strydig is met die Grondwet nie. 

13 Mrt. 16:56:10

Rantho sê Gigaba se submissies wat hy vandag gegee het, sal verder ondersoek word. 

13 Mrt. 16:55:35

Rantho sê daar was dinge wat in Gigaba se termyn verkeerd geloop het. Sy verwys ook na die "Gupta-familie", van wie die hele land weet. "Hulle het 'n groot invloed gehad in die regering, volgens inligting wat ons het." 

13 Mrt. 16:40:37

Lungi Mnganga-Gcabashe (ANC): Daar is net 'n fokus op die korrupsie by topbestuur van staatsondernemings, maar daar is baie korrupsie by die middelbestuur. Ons kry daagliks inligting daaroor. Dit moet ook ondersoek word en daar moet gevolge wees.

Zukiswa Rantho, voorsitter van die ondersoek, vra of Gigaba geweet het van staatskaping so vroeg as 2010. Gigaba sê hy was nie bewus van enigiets nie, en hy het herhaal dat die aanstellings wat in direksies gemaak is in daardie stadium goed gelyk het. Dit lyk of 'n netwerk geskep is, maar daardie netwerk het eers later sigbaar geword.  

13 Mrt. 16:12:16

Sowat  R2,7 miljard tot R2,8 miljard se steenkoolbates sou na swart hande oorgedra word as die regering se plan voortgesit sou word om die immergroen kontrakte met wit oorheersde maatskappye te staak en 'n groter rol vir swart steenkoolmyners te skep, het Gigaba gesê.

Hy het gereageer op vrae van Lungi Mnganga-Gcabashe (ANC) oor die trae vordering om swart steenkoolverskaffers aan Eskom te skep.  

"Die projek het in 2014 nie verder gevorder nie. Ons het in daardie stadium reeds gepraat met Susan Shabangu, wat toe minister van minerale hulpbronne was. Die bal is laat val en is vervang deur verkeerde optrede wat nie transformasiedoelwitte nagestreef het nie."

13 Mrt. 15:53:41

Floyd Shivambu en Malusi Gigaba stamp koppe oor bewerings oor Gigaba se konneksies met die Guptas.

Shivambu wou by Gigaba weet of hy sy meisie R500 000 in kontant gegee het om uit te gee en of dit geld is wat hy by die Guptas gekry het.

Gigaba sê  dit is 'n klomp bog en deel van die georkestreerde kwaadwillige veldtog teen hom.  

13 Mrt. 15:35:44

Shivambu het gevra of Gigaba 'n bankrekening in Dubai het. Volgens Gigaba het hy net een bankrekening en dit is by FNB.

Shivambu het gevra of Gigaba bykomende inkomste het buiten sy salaris as kabinetsminister. Gigaba het daarop ook nie klinkklaar geantwoord nie.

Meer oor:  Parlementêre Komitee  |  Eskom  |  Malusi Gigaba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.