Khana sê wanneer hy sê hulle wag nog vir die verklaring, dan
wag hulle nog daarvoor. Volgens hom mag die Valke nie met Booysen skakel nie,
maar moet hulle met Werksmans skakel: “Dit is nie normaal nie.”
Hy sê “dit gebeur net as iemand bang is hy inkrimineer homself, en
hoe kan dit wees, want Booysen het die klag ingedien?
“Ons wag steeds op daardie verklaring. Daar is geen bewyse
onder eed wat my toelaat om na enigiemand toe te gaan om hulle te ondervra of
na ’n aanklaer te vat om ’n dagvaarding te kry om iemand in hegtenis te neem
nie.”
Driman meen hulle kry dalk opdragte van ’n ander tak van die
Valke. “Daar ís ’n verklaring onder eed, ek kan die kwitansie vir julle toon.”