Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Regter onttrek hom aan Moyo vs. Old Mutual-saak
Peter MoyoFoto: City Press

Regter Brian Mashile het hom Vrydag onttrek aan die saak van minagting van die hof wat Peter Moyo, voormalige uitvoerende hoof van Old Mutual, teen die maatskappy aanhangig gemaak het.

Mashile het in Julie bevind dat Moyo se afdanking deur Old Mutual se direksie onwettig was en dat hy dadelik in sy pos herstel moes word.

Moyo is sedertdien vir ’n tweede keer in Augustus afgedank. Hy beveg ook dié afdanking.

Old Mutual weier Moyo toegang tot sy gebou en het appèl aangeteken teen Mashile se Julie-uitspraak. Dié saak is vroeër vandeesmaand in die hooggeregshof in Johannesburg aangehoor. Uitspraak word eers volgende jaar gelewer.

Moyo dagvaar Old Mutual ook weens minagting van die hof. Hy beskuldig onder meer die maatskappy se direkteure daarvan dat hulle ’n veldtog voer om Mashile persoonlik te beledig. Old Mutual het Mashile gevra om hom van dié aansoek te verskoon weens ’n belangebotsing.

LEES OOK: Moyo vs. Old Mutual: Regter se enorme besluit wink

In ’n verklaring wat in Oktober uitgereik is, sê Old Mutual Moyo se aantygings “skep ’n situasie waar dit nie redelik is dat regter Mashile die saak moet aanhoor nie”.

Old Mutual het gesê dit was ’n moeilike besluit om dié aansoek in te dien.

“Die direkteure benadruk dat hulle geen disrespek vir regter Mashile het nie.

“Deur regter Mashile egter die onderwerp van die minagtingsverrigtinge te maak, het mnr. Moyo se regspan ’n situasie geskep waar die regter sal moet beslis oor eise wat hom nou persoonlik betrek,” het Old Mutual gesê.

Meer oor:  Old Mutual  |  Brian Mashile  |  Peter Moyo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.