Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Reisagentskappe keer SAL die rug toe

Voorste reisagentskappe in Suid-Afrika het hul toenemende wantroue in die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te kenne gegee nadat die lugdiens te midde van bedryfsprobleme ’n aantal plaaslike en internasionale vlugte gekanselleer het.

Reisigers is Dinsdagoggend begroet met die nuus dat verskeie van die SAL se binnelandse en internasionale vlugte gekanselleer is.

Dit terwyl die SAL met die land se tesourie saamwerk om ’n reddingsboei van R2 miljard te kry om nie onder te gaan nie.

FlightCentre: Ons verkoop nie meer SAL-kaartjies

Die aanlyn reisagent FlightCentre het Dinsdag op Twitter die nuus aan sy kliënte meegedeel.

“Ons kliënte bly steeds ons top-prioriteit en ons het deur die nag gewerk om hulle te adviseer, by te staan en enigiemand wat deur die stap geraak word, waar moontlik elders te akkommodeer. Die groep monitor tans die situasie terwyl ons wag om amptelike bevestiging van die SAL ten opsigte van hul vlugsituasie te kry. Kliënte wat geraak is moet dringend met hul Flight Centre-reisdeskundige in verbinding tree,” het die agentskap in die verklaring gesê.

Dié agentskap het bygevoeg dat die maatskappy in November 2019 besluit het om nie meer SAL-vlugte te verkoop nie. Diegene wat dit wel wou doen, is gevra om ’n vrywaringsvorm te teken.

Die besluit om nie meer SAL-kaartjies te verkoop nie is geneem nadat sy reisversekeringsverskaffer bevestig het hulle is nie meer bereid om SAL te dek onder hul reisverskaffersinsolvensievoordeel nie, weens die twyfel oor die langtermynlewensvatbaarheid van dié lugdiens,” lui Flight Centre se verklaring voorts.

World’s Ultimate Travels: 'Te riskant'

Daleen Lombard, World’s Ultimate Travels in Suid-Afrika se kliëntediensbestuurder, het gesê dat ook dié agentskap nie meer SAL-vliegkaartjies verkoop nie omdat dit “te riskant” is.

“Ons het die risiko geloop om ’n klomp geld te verloor, so op die oomblik gebruik ons nie die SAL nie,” het Lombard gesê.

Thompsons Holidays: 'Eie risiko'

Celeste Muir, bemarkingsbestuurder van Thompsons Holidays, het gesê hoewel die agentskap nie ’n verbod op SAL geplaas het nie, is kliënte egter “huiwerig” om die nasionale redery te gebruik.

“Die gebruikers vra nie eens om die SAL te gebruik nie. As hulle dit wel wil gebruik, doen hulle dit op hul eie risiko,” het sy gesê.

STA Travel: Geen kaartjieverkope

’n Konsultant van STA Travel het gesê hoewel die maatskappy nie kommentaar wil lewer oor die sake van die SAL nie, het ook hulle besluit om nie meer SAL-kaartjies te verkoop nie.

Die SAL het Dinsdag in ’n verklaring gesê die redery is besig om sekere plaaslike en internasionale vlugte te kanselleer en te konsolideer en sal reisigers wat daardeur geraak word, elders akkommodeer.

“Die SAL werk nou saam met sy suster-redery, Mango, om passasiers op ander dienste wat deur albei rederye bedryf word, te akkommodeer om ontwrigting te beperk en te verseker dat reisigers hul bestemming so gou as moontlik bereik.”

Meer oor:  Flight Centre  |  Sakeredding  |  Sal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.