Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Rekordjaar vir VWSA
’n Werker besig om aan een van die VW Polo’s te werk in die maatskappy se fabriek in Uitenhage.Foto: Volkswagen

2019 was ’n rekordjaar vir Volkswagen Suid-Afrika (VWSA).

Die maatskappy het vir die eerste keer in een jaar meer as 160 000 voertuie vervaardig by sy fabriek in Uitenhage in die Oos-Kaap.

Die maatskappy sê Maandag in ’n verklaring die 161 954 voertuie wat hy in die 2019 kalenderjaar vervaardig het, oorskry die vorige rekord van 137 758 voertuie wat in ’n enkele jaar vervaardig is.

Boonop is dié rekord agt jaar gelede in 2011 opgestel.

Van die 161 954 voertuie wat vervaardig is, is 108 422 uitgevoer terwyl 53 532 vir die plaaslike mark vervaardig is.

In totaal is daar 131 365 Polo’s en 30 589 Polo Vivo's vervaardig.

In 2019 het Volkswagen nóg ’n rekord verbeter.

In Oktober was die 16 453 voertuie wat hy in dié maand vervaardig het, die meeste nóg wat in ’n enkele maand vervaardig is.

Die vorige rekord was 15 131 voertuie wat hy in Oktober 2009 vervaardig het.

“Die produksievolume wat ons in 2019 gelewer het, is ’n belangrike mylpaal vir VWSA,” sê Thomas Schaefer, voorsitter en besturende direkteur van VWSA.

Hy sê dit wys hoe toegewyd personeel en hoe effektief sy aanleg is.

Meer oor:  Volkswagen  |  Uitenhage  |  Motorverkope  |  Voertuie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.