Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Remgro-bestuur skenk R3,2 m. vir kleinsake

Remgro se bestuur gaan ook vir die volgende drie maande 30% van hul salaris prysgee.

Jannie Durand, uitvoerende hoof van Remgro.

Die beleggingsbeheerfirma het op Sens aangekondig sy bestuursdireksie gaan die geld skenk aan Sukuma, ’n hulpprogram vir klein en mediumgrootte ondernemings wat deur Business Partners geadministreer word.

Remgro se voorsitter is Johann Rupert, wie se familie R1 miljard se rentevrye lenings bewillig het vir kleinsakeondernemings wat deur die Covid-19-krisis geraak word. Remgro onderskei soos baie Europese firmas tussen sy bestuursdireksie (uitvoerende bestuur) en direktoraat oftewel toesighoudende direksie (nie-uitvoerende direkteure); Rupert is voorsitter van laasgenoemde.

LEES OOK: Rupert-geld: Aansoeke ná 3 dae gesluit

Remgro sê in die verklaring die meerderheid van Suid-Afrika se kleiner ondernemings beleef finansiële en bedryfstres weens die pandemie en gepaardgaande inperking, wat vererger word deur die gebrek aan ekonomiese groei.

Verskeie maatskappye se uitvoerende bestuur en direksie het oor die afgelope paar weke aangekondig hulle besnoei hul salarisse. In die geval van Woolworths en EOH was dit bloot om koste te bespaar.

Mike Brown, uitvoerende hoof van Nedbank, en die Old Mutual-direksie was onder dié wat gereageer het op pres. Cyril Ramaphosa se versoek dat geld aan die solidariteitsfonds geskenk word. Dié fonds is op die been gebring om veral mediese toerusting vir die Covid-19-krisis te koop.

Ramaphosa en sy kabinet, asook die land se nege premiers, skenk vir die volgende drie maande ’n derde van hul salaris aan die solidariteitsfonds.

LEES OOK: Só lyk die salaris wat Cyril, ander vir 3 maande prysgee

FirstRand se topbestuur skenk van hul geld aan die Spire-fonds, ’n private inisiatief vir mediese hulp.

LEES OOK: Dié grootbase skenk deel van hul salarisse

  

Hoeveel geld skenk Remgro-hoës vir kleinsake?

  

Remgro se bestuursdireksie bestaan uit ses lede, wie se vergoeding vir 2020 in Remgro se 2019-jaarverslag uiteengesit word. Die bedrag verteenwoordig slegs totale salaris, voor aftrekkings soos belasting, pensioen- en mediese fonds of byvoordele. Die raming van hoeveel salaris hulle prysgee, is dus slegs by benadering.

  • Jannie Durand, uitvoerende hoof: Sy totale salaris vir die jaar is afgerond R14,8 miljoen oftewel R1,2 miljoen per maand. ’n Derde daarvan is nagenoeg R410 000.
  • Neville Williams, finansiële hoof: Sy totale salaris vir die jaar is afgerond R6 miljoen oftewel R503 000 per maand. ’n Derde daarvan is nagenoeg R168 000.
  • Pieter Louw, hoof van korporatiewe finansiering: Sy totale salaris vir die jaar is afgerond R3,9 miljoen oftewel R325 000 per maand. ’n Derde daarvan is nagenoeg R108 000.
  • Mariza Lubbe, voldoeningshoof: Haar totale salaris vir die jaar is afgerond R3,3 miljoen oftewel R274 000 per maand. ’n Derde daarvan is nagenoeg R91 000.
  • Raymond Ndlovu, uitvoerende hoof van die Remgro-filiaal Community Investment Ventures Holdings: Sy totale salaris vir die jaar is afgerond R3,5 miljoen oftewel R288 000 per maand. ’n Derde daarvan is nagenoeg R96 000.
  • Pieter Uys, hoof van strategiese beleggings: Sy totale salaris vir die jaar is afgerond R7,4 miljoen oftewel R614 000 per maand. ’n Derde daarvan is nagenoeg R205 000.
  • Totale bydrae tot die Sukuma-fonds vir die hele drie maande: Nagenoeg R3,2 miljoen
Meer oor:  Remgro  |  Johann Rupert  |  Covid-19  |  Kleinsake  |  Staat Van Inperking  |  Kmo's  |  Koronavirus  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.