Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Remgro: Edwin Hertzog, GT Ferreira tree uit

Dr. Edwin Hertzog, stigter van Mediclinic, tree af as medevoorsitter en nie-uitvoerende direkteur van Remgro.

Dr. Edwin Hertzog, stigter van Mediclinic.

Die sakeman GT Ferreira tree ook uit Remgro se direksie as die leidende onafhanklike, nie-uitvoerende direkteur.

Albei se uittrede sal op 28 November, die dag van die beleggingsbeheerfirma se jaarvergadering, van krag wees.

Josua Malherbe, tans medevoorsitter saam met Hertzog, word dan die alleenvoorsitter.

Sonja de Bruyn, sedert 2015 ’n onafhanklike, nie-uitvoerende direkteur, sal Ferreira opvolg.

GT Ferreira is een van die stigters van FirstRand.

Remgro, wat Donderdagmiddag sy resultate vir die boekjaar tot einde Junie uitgereik het, het Hertzog en Ferreira “vir hul waardevolle bydraes oor baie jare” bedank.

Remgro se direksie het ook die aanstelling van Paul Neethling as nie-uitvoerende direkteur en Gideon Niëuwoudt as ’n onafhanklike, nie-uitvoerende direkteur goedgekeur. Dit sal op dieselfde datum van krag word.

Neethling was in ’n senior posisie in Remgro Management Services se afdeling vir korporatiewe finansiering. Hy is ook Jannie Durand, uitvoerende hoof van Remgro, se alternatiewe direkteur in die direksie van RCL Foods, waarin Remgro ’n groot belang het.

Niëuwoudt is die stigter en besturende vennoot van Southern Right Capital.

Nog ’n onafhanklike, nie-uitvoerende direkteur, Paul Harris, het aangedui hy wil in 2020 aftree. Lelo Rantloane is in sy plek aangewys en sal vanaf 28 November vanjaar Harris se alternatiewe direkteur wees. Hy is uitvoerende hoof van Ata Capital en ’n direkteur van onder meer Rain.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.