Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Remgro kap regering oor NGV

Die beleggingsmaatskappy Remgro, wat ’n groot belang in Mediclinic en ’n indirekte belang in Discovery het, het die regering gekritiseer oor wat met die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) beoog word.

Mediclinic wat in spanning op die finale verslag oor die koste van private gesondheidsorg. Foto: iStock

Remgro moes reeds in die afgelope boekjaar ’n afskrywing van nagenoeg R3,9 miljard van sy belegging in Mediclinic doen. Dit is weens die invloed van wetsverandering in Switserland op sy hospitaalgroep daar se winsmarges.

Nou word hy deur die NGV in Suid-Afrika in die gesig gestaar, en hou asem op vir die Mededingingskommissie se finale verslag oor die markondersoek oor private gesondheidsorg, wat op 30 September uitgereik word.

Mediclinic het ’n baie groot invloed op Remgro, en die daling in Remgro se intrinsieke batewaarde met 9% hou verband met die daling in Mediclinic se aandeelprys die afgelope jaar. Die intrinsieke netto batewaarde van Remgro se belegging in Mediclinic het met 42% – van R31,3 miljard einde Junie verlede jaar tot R17,8 miljard vanjaar – gedaal.

Jannie Durand, uitvoerende hoof van Remgro, sê die Switserse onderneming is in 2007 gekoop – lank voordat die regulatoriese veranderinge in dié land voorsien is.

Die wetsverandering daar het veroorsaak dat tariewe wat betaal word deur die regering vir behandeling in hospitale gedaal het. Dit het Mediclinic se marges daar onder druk geplaas en sy winsgewendheid in Switserland het wesenlik gedaal.

Durand sê daar word hard gewerk om die sakemodel te verander en aan te pas by die nuwe omstandighede. “Ons glo Mediclinic sal kan aanpas, maar dit gaan nie teen dieselfde marges wees nie.”

Jy kan al die geld in die wêreld hê, maar as jy nie die gesondheidsorg kan lewer nie, beteken dit niks nie.
Jannie Durand

Hy het oor die NGV gesê Discovery en Mediclinic het reeds breedvoerig kommentaar gelewer.

“As ’n groep is ons ondersteunend oor universele gesondheidsorg vir almal en die beginsel dat almal beter gesondheidsorg moet kry.

“Maar die NGV fokus net op die een kant – en dit is die finansieringskant – en nie die leweringskant nie. Aan daardie kant sit die land steeds met dieselfde aantal hospitale en swak benede-gehalte gesondheidsorg. Jy kan al die geld in die wêreld hê, maar as jy nie die gesondheidsorg kan lewer nie, beteken dit niks nie.”

Durand het ook gesê hy glo daar bestaan wantroue tussen die regering en die private gesondheidsorgsektor.

“Nadere samewerking sal dinge baie verbeter.”

Hy meen die NGV-wetsontwerp is grootliks in isolasie opgestel. “Daar was skakeling, maar talle insette van die private sektor is nie in ag geneem nie.”

Durand sê van die strategiese prioriteite van Remgro hou met Mediclinic en RCL Foods verband (waar probleme in die suiker- en hoenderbedryf ondervind word).

Mediclinic se aandeelprys verkeer onder druk sedert hy ’n paar jaar gelede ’n groot belegging gedoen het om ’n hospitaalgroep (Al Noor) in die Midde-Ooste oor te neem.

Remgro se grootste beleggings sedert 2009 was met die belegging in Al Noor.

Hy het gesê Mediclinic in die Midde-Ooste is besig om die onderneming daar om te draai en sy waardes in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse hospitaalgroep s’n te bring.

“Ons glo daar is steeds ’n saak uit te maak vir langtermynwaardeskepping ten opsigte van Mediclinic.”

Hy het oor die afskrywing gesê dit bring Mediclinic nader aan sy markwaarde op Remgro se boeke.

Mediclinic se aandeelprys het sedert Julie 2016 met 72% gedaal. Die dividend is egter dieselfde gehou.

“Dit toon die gehalte van die maatskappy en die sterk kontantvloei wat dit skep.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.