Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Remgro, RMBH krap nog kop oor bank se ontknoping
Johann Rupert, die bekende Suid-Afrikaanse sakeman.

Die beleggingsbeheermaatskappye Remgro en RMB Beherend Beperk (RMBH) dink nog oor hoe die bankgroep FirstRand Beperk aan hul aandeelhouers ontknoop gaan word.

Albei het hul omsigtigheidsaankondiging hieroor hernu.

Dit volg nadat RMBH op 19 November aangekondig het hy wil sy belang in FirstRand aan sy aandeelhouers uitkeer.

Remgro het terselfdertyd in November ook aangekondig hy is van voorneme om dan sy aandele in FirstRand Beperk aan sy aandeelhouers te versprei. Remgro is die grootste aandeelhouer in RMBH.

Volgens Remgro en RMBH word die beste meganisme en stappe om die verspreiding te bewerkstellig nog geëvalueer en oorweeg deur die direksies van albei maatskappye.

RMBH oorweeg ook die beste manier om sy eiendomsbates op ’n ordelike wyse te realiseer.

Die twee direksies werk saam om maniere te kry om die herstrukturering en verspreiding wat Remgro wil doen, op die beste wyse en gekoördineerd te laat plaasvind.

LEES OOK: R130 mjd. van FirstRand aan beleggers ontknoop

Meer oor:  Remgro  |  Rmb Holdings  |  Bankbedryf  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.