Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Reserwebank-baas se verhoging troef inflasie
Lesetja Kganyago, president van Suid-Afrikaanse Reserwebank.

Die Reserwebank se president en sy adjunkte het in die afgelope boekjaar salarisverhogings van hoër as die inflasiekoers gekry.

Die jongste jaarverslag van die Suid-Afrikaanse Reserwebank toon wys die inflasiekoers was in dié boekjaar 6,3%.

Dit is die Reserwebank se mandaat om met monetêre beleid inflasie binne die teikenband van 3% en 6% te hou.

Die finansiële state toon Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, se vergoeding en byvoordele het met 7,6% tot R6,8 miljoen gestyg.

Daniel Mminele, een van die adjunkpresidente van die Reserwebank, se vergoeding en byvoordele het met 8,8% tot R4,95 miljoen gestyg.

Francois Groepe, nog ’n adjunkpresident, se vergoeding het met 7,8% tot R4,89 miljoen gestyg.

Kuben Naidoo s’n het met 7,5% tot R4,7 miljoen gestyg.

Die totale vergoeding van die uitvoerende direkteure het R21,3 miljoen beloop.

Saam met die nie-uitvoerende direkteure het die totale vergoeding R26 miljoen beloop.

Die Reserwebank sê in sy jaarstate dit is juis ooreenkomste oor salarisverhogings wat voorkom dat die inflasiekoers in ooreenstemming met die swakker ekonomiese groei daal.

In die jaar het sy personeelgetalle met 47 gedaal tot 2 186. Volgens sy state was dit 17 minder swart en 30 minder wit personeel.

Meer oor:  Reserwebank  |  Daniel Mminele  |  Kuben Naidoo  |  Lesetja Kganyago  |  Banke  |  Bankbedryf  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.