Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Reserwebank hernu adjunk se kontrak
Kuben Naidoo, adjunk-president van die Reserwebank. Foto: Gallo/Getty Images

Kuben Naidoo is pas heraangestel as een van die Reserwebank se drie adjunkpresidente.

Dis sy tweede vyfjaartermyn; die eerste het op 1 April 2015 begin.

Naidoo is ook die uitvoerende hoof van die Omsigtigheidsowerheid (Prudential Authority, PA), die liggaam wat die Registrateur van Banke vervang het. Die owerheid hou steeds onder die vaandel van die Reserwebank toesig oor die bankstelsel.

Die aanstelling is deur pres. Cyril Ramaphosa in oorleg met Tito Mboweni, minister van finansies, en die Reserwebank se direksie gedoen.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het Naidoo ook heraangestel as hoof van die PA.

Kganyago en Naidoo is ampshalwe ook lid van die monetêrebeleidskomitee (MBK), saam met die ander twee adjunkpresidente, dr. Rashaad Cassim en Fundi Tshazibana, en dr. Chris Loewald. Nog twee Reserwebank-amptenare mag op die MBK aangewys word, wat dit op sewe te staan sal bring, pleks van die huidige vyf. Die MBK besluit onder meer oor die rentekoers en ander aspekte van monetêre beleid.

Die komitee was die afgelope ruk bedrywig. Die Reserwebank het pas vir die eerste keer ’n pakket van kwantitatiewe verruiming aangekondig om banke te ondersteun ten tyde van die kontantvloeikrisis wat deur markskommelinge weens die Covid-19-pandemie veroorsaak word.

Meer oor:  Kuben Naidoo  |  Cyril Ramaphosa  |  Bankbedryf  |  Reserwebank  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.