Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Reserwebank vat valuta-handelaars vas
Die Reserwebank se gebou in die middestad van Pretoria.

Die Reserwebank het drie buitelandsevaluta-handelaars vermaan of beboet nadat hy tydens inspeksies gevind het hulle het nie die nodige stappe gedoen om geldwassery te voorkom nie.

Die Reserwebank magtig kommersiële banke om in buitelandse valuta handel te dryf en sekere handelaars soos Bureau de Change kry beperkte magtiging om buitelandse valuta aan reisigers te verskaf.

Die Reserwebank is ingevolge die Wet op die Finansiële Intelligensiesentrum (FIS) verplig om seker te maak die valutahandelaars het die nodige beheermaatreëls om geldwassery en die finansiering van terrorisme te voorkom.

Die drie ondernemings is vasgevat nadat die Reserwebank inspeksies by hulle gedoen het en bevind het hul beheermaatreëls is swak.

Die drie ondernemings is as volg vermaan en beboet:

1. Tower Bureau de Change is met R100 000 beboet omdat hy nie die name van kliënte nagaan teen verskeie sanksielyste nie. Dit is ’n oortreding van art. 28A van die FIS-wet. Hy is ook met R80 000 beboet omdat hy nie doeltreffende maatreëls het om die identiteit van sy kliënte vas te stel en te verifieer nie. Nog ’n boete van R100 000 is opgelê omdat hy in gebreke gebly het om verdagte en ongewone transaksies by die FIS aan te meld.

2. Sikhona Forex is gemaan om sy kliënte se identiteit vas te stel en te verifieer. Hy is ook gemaan om behoorlik rekord te hou van transaksies.

3. Travelex Africa Foreign Exchange is gemaan om verdagte en ongewone transaksies te identifiseer en aan te meld.

Meer oor:  Valutahandel  |  Valuta  |  Ondersoek  |  Reserwebank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.