Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Reserwebank wil appelleer teen besluit oor VBS-verslag
VBS
Oudpresident Jacob Zuma het 'n verband van R7,3 miljoen by VBS Mutual Bank ontvang om opknappings by sy Nkandla-woning mee te betaal.

Die Reserwebank se Omsigtigheidsowerheid gaan appèl aanteken teen die hofuitspraak oor adv. Terry Motau se verslag oor VBS Mutual Bank.

Regter Vivian Tlhapi het Dinsdag bevind ’n ANC-politikus van Limpopo moes die kans gekry het om sy kant van die saak te stel voordat hy geïnkrimineer is in Motau se verslag oor korrupsie by VBS, ’n onderlinge bank wat in 2018 deur die Reserwebank in kuratele geplaas is nadat grootskaalse bedrog ontdek is.

Tlhapi het in die hooggeregshof in Pretoria bevind Motau het versuim om Danny Msiza, ANC-tesourier in Limpopo, “prosedurele regverdigheid” te bied voordat die verdoemende verslag oor bedrog by VBS gepubliseer is. Die regter het dié versuim as onwettig en ongrondwetlik bestempel.

Die saak spruit uit ’n aansoek deur Msiza teen Motau en teen die Omsigtigheidsowerheid. Die owerheid is die afdeling van die Reserwebank wat oor handelsbanke toesig hou en hul bedrywighede reguleer.

Die Omsigtigheidsowerheid sê die advies van sy regsadviseurs is dat daar goeie gronde vir appèl is, en ’n aansoek om verlof tot appèl gaan ingedien word waarin die owerheid omvattend sal aanvoer op grond waarvan hy appelleer.

Motau se verslag is in Oktober 2018 uitgereik en het 53 mense geïdentifiseer wat betalings van sowat R1,8 miljard van VBS ontvang het. Dit is grootliks geld wat munisipaliteite by VBS belê het. Die Reserwebank en die nasionale tesourie het egter al vir jare die betrokke munisipaliteite gewaarsku dat hulle ingevolge die Wet op die Bestuur van Munisipale Finansies nie geld by ’n onderlinge bank soos VBS mag belê nie, maar slegs in banke wat ingevolge die Bankwet geregistreer is en wat die vereiste beleggingsgradering het.

In Motau se verslag word Msiza deur Phophi Mukhodobwane, die destydse hoofbestuurder vir tesourie by VBS, beskryf as ’n sogenaamde kommissie-agent wat moes help om munisipaliteite te oortuig om hul geld by VBS te belê. In WhatsApp-boodskappe tussen VBS-amptenare is na Msiza verwys as “Bra Danny”.

Kabelo Matsepe, ’n politieke kontak tussen VBS en die munisipaliteite, het op sy beurt in sy getuienis in Motau se verslag aangevoer Msiza het nie enige noemenswaardige rol in VBS se sake gespeel nie.

Motau bevind egter dat Msiza in verskeie instansies ingegryp het wanneer sy politieke invloed nodig was, en dat Matsepe prakties vir Msiza gewerk het. Matsepe het kommissie verdien as hy munisipaliteite kon oortuig om hul geld by VBS te belê, lui die verslag.

Motau noem wel in sy verslag Mukhodobwane was uiters huiwerig om hoegenaamd Msiza se naam te noem uit vrees vir sy eie veiligheid as hy dit sou durf waag.

Meer oor:  Hofsaak  |  Vbs  |  Vbs Bank  |  Reserwebank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.