Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Reserwebank wil belang in African Bank verkoop

Die Reserwebank soek nou amptelik kopers vir sy belang in die beherende maatskappy van African Bank.

Die bank het ’n kennisgewing uitgereik om formele belangstelling van voornemende kopers te versoek.

’n Jaar gelede in Februarie het Netwerk24 berig ’n kennisgewing is uitgereik om ’n adviseur te kry om hom te help om sy belang te verkoop.

Die Reserwebank besit 50% van African Bank.

African Bank is in 2014 in kuratele geplaas toe sy aandeelprys tot 30c geval het en daar gevrees is sy ineenstorting gaan die hele finansiële sektor in gevaar stel.

Die Reserwebank het daarna in 2016 ’n belang van 50% in die beherende maatskappy African Bank Beherend Beperk (ABHL) verkry toe ’n herstrukturering plaasgevind het.

Die vorige African Bank Beperk is na Residual Debt Services Beperk hernoem.

Die Reserwebank het in die rol as aandeelhouer ’n kapitaalinspuiting verskaf wat gehelp het om ABHL se bedrywighede te finansier.

Dit was nooit die bedoeling om die belang onbepaald te hou nie, veral nie omdat sy aandeelhouding ’n belangebotsing skep tussen sy rol as ’n reguleerder en as ’n aandeelhouer nie.

“Die Reserwebank sê die regte tyd het aangebreek om vas te stel of hy sy aandeelhouding kan verkoop en ABHL om ’n langtermyn- volhoubare aandeelhouer of aandeelhouers te vind wat beter pas by die bank se strategie en strewe om te groei.”

Die Reserwebank het in 2020 verskeie adviseurs aangestel om hom oor die desinvestering te adviseer.

Die uitnodiging aan belangstellendes is vir plaaslike én internasionale partye.

Die Reserwebank wil teen 2 Julie die formele belangstellings ontvang.

Meer oor:  African Bank  |  Reserwebank  |  Bankbedryf  |  Kuratorskap  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.