Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Restaurante: Duurder kos weens minder tafels?

Gaan tafels ver uit mekaar wees wanneer jy weer eendag in ’n restaurant mag gaan aansit vir ’n ete? Gaan die einste ete jou méér kos omdat restaurante minder kliënte op ’n slag mag toelaat?

restaurante
Gaan restaurante duurder word? Foto: Unsplash

Of is die groter vraag dalk: Gaan jou gunsteling-restaurant nog bestaan wanneer Suid-Afrikaners wel eendag toegelaat gaan word om te gaan uiteet?

Darren Hele, uitvoerende hoof van Famous Brands, wat restaurante soos Tashas, Mythos, Turn ’n Tender en Paul besit, sê in dié stadium is dit haas onmoontlik om te sê hoe restaurante in laer vlakke van inperking bedryf gaan word.

“Die eerste groot vraag wat oor die toekoms van restaurante gevra móét word, is of mense bereid gaan wees om weer te gaan uiteet.

“Die tweede groot veranderlike is oor wat die owerhede gaan toelaat, en wat nié. Dis nie die eienaars van restaurante wat dít gaan bepaal nie, maar die regering.

“Dis die klein jakkalsies wat die wingerde verniel,” sê hy.

Hele het Dinsdag beleggers se vrae beantwoord ná ’n voorlegging van dié groep se resultate vir die jaar tot einde Februarie.

LEES OOK: Kitskos bly pad na Famous Brands se beursie

Hele sê in dié stadium kan die groep geen voorspelling waag oor hoeveel van sy franchises die krisis gaan oorleef nie.

Hy sê wat wel duidelik is, is dat restaurante hulself in dieselfde moeilike situasie as baie ander bedrywe bevind.

“Een van die groot veranderlikes is oor hoe verhuurders van eiendom en banke franchises gaan ondersteun.

“Ons weet dat baie verhuurders reeds gesê het dat huur nie in April betaal hoef te word nie,” sê hy.

Tashas in die Mall of Africa, noord van Johannesburg.

Alle ondernemings sal hul kostestrukture moet hersien om seker te maak hulle kan volhoubaar bedryf word.

Die goeie nuus is selfs al moet mense verder uit mekaar sit en dit die omset van restaurante kan beïnvloed, glo hy nié dat die koste wat hiermee gepaard sal gaan, aan die kliënt oorgedra gaan word nie.

Hy dink dus dat die prys van ’n maaltyd nié sal styg nie.

Hy dink ook dat die meeste van die restaurante binne die Famous Brand-groep wel die pandemie gaan oorleef.

“Ek is nie naïef nie, en weet dat sommige franchises wel gaan sluit, maar ek dink nie dit gaan baie wees nie,” sê hy.

“Ons glo op die lange duur gaan bedrywighede wel terugkeer na normaal soos wat die geval was voor die pandemie.”

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Salarisse  |  Restaurante  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.