Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Restaurante hoop op ophef van drankverbod

Restaurante hoop vir goeie nuus Sondagaand wanneer pres. Cyril Ramaphosa na verwagting die land gaan toespreek.

Wendy Alberts, uitvoerende hoof van die Restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa).

Wendy Alberts, voorsitter van die Restaurantevereniging, sê die vereniging het gevra dat hulle weer alkohol en aandete behoorlik kan bedien.

“Dit was ’n baie emosionele en verwoestende tyd vir ons. Ek glo werklik dit sal goeie nuus bring.

“Ons kan nie meer langer onder die omstandighede voortgaan sonder behoorlike vergoeding nie.”

Volgens haar was die vereniging die afgelope week in vergaderings op hoë vlak met die regering om begrip te bevorder oor wat die bedryf nodig het om weer te mag handel dryf.

“Ons het vir die regering gevra om onmiddellik die drankverbod op ons restaurante op te hef en dat ons onmiddellik kan terugkeer na ons handelsure vir aandete.”

“Ons het die finansiële implikasies op elke vlak verduidelik en vertrou die president het ons pleidooie gehoor om die bedryf te open.”

Alberts sê die bedryf het sy teleurstelling met Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, uitgespreek wat nie behoorlik met hul gekonsulteer het nie.

Volgens haar is die bedryf ingevolge die Grondwet op konsultasie en vergoeding geregtig, maar die afgelope 15 maande het die bedryf “geïsoleerd en alleen” gestaan.

Meer oor:  Rasa  |  Restaurante  |  Inperking  |  Hotelle  |  Regulasies  |  Pandemie  |  Vlak 3
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.