Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Restaurante kry interdik teen loonskok

Restaurante het ’n hofbevel bekom wat hulle tydelik daarvan kwytskeld om onderworpe te wees aan ’n nuwe sentrale nasionale bedingingsraad wat onder meer streng nuwe loonooreenkomste op alle restaurante opgedwing het.

Alle restaurante, selfs kitskosplekke soos McDonald's, sou aan die nuwe sentrale bedingingsraad vir die restaurantbedryf onderhewig moes wees.

Die bedryfsliggaam Fedhasa en die Restaurant Collective, wat saam onder meer alle kitskosrestaurante en groot handelsmerke in die bedryf verteenwoordig, het Dinsdag ’n hofbevel van die arbeidshof bekom.

Duisende restaurante, kitskosplekke en spyseniers is sedert Januarie onderhewig aan ’n nuwe bedingingsraad se loonooreenkoms wat landwyd na byna alle ondernemings in die bedryf uitgebrei is.

Dit sluit in dat lone van ver bo die nasionale minimum loon aan werknemers betaal moet word, asook verskeie heffings deur alle restaurante en eetplekke aan die sentrale bedingingsraad wat nou blykbaar almal sal verteenwoordig.

Dié aankondiging deur die departement van indiensneming en arbeid het skokgolwe deur die bedryf gestuur, nie net oor die hoër lone wat betaal moet word nie, maar ook omdat die sentrale bedingingsraad beoog om almal te verteenwoordig, terwyl entrepreneurs tot dusver goed sonder verteenwoordiging klaargekom het.

LEES OOK: Loonskok vir restaurante te midde van Covid-19-krisis

“Die uitreiking van die dringende hofbevel verhinder dat enige werknemer of verteenwoordiger van die bedingingsraad die nakoming van sy ooreenkoms aan nie-partye kan afdwing,” sê Fedhasa en die Restaurant Collective Dinsdag in ’n verklaring.

“Dit beteken dat enige bedryfswerkgewer wat nie deel is van die bedingingsraad nie, deur hierdie bevel beskerm word hangende die uitslag van die hersieningsaansoek.

Voor die aansoek het Fedhasa deur sy regspan, C&A Friedlander Prokureurs, die bedingingsraad gekontak om vas te stel of hy nie die uitbreiding wou staak nie, maar dit is van die hand gewys.

Die bedingingsraad het toe sy voorneme uitgespreek om die aansoek in die hof te opponeer, maar het versuim om dokumente in te dien of in die hof te verskyn.

Rosemary Anderson
Rosemary Anderson, voorsittter van Fedhasa.

“Ons is verheug oor hierdie uitkoms, wat ’n positiewe eerste stap in die proses is om hierdie wetgewing ter syde te stel. Dit was baie bemoedigend om te sien dat al die groot restauranthandelsmerke saamwerk met Fedhasa om hierdie uitbreiding te beveg, wat, indien dit in sy huidige vorm in werking gestel word, ’n vernietigende impak op ’n reeds gehawende bedryf kan hê,” sê Rosemary Anderson, nasionale voorsitter van Fedhasa.

Fedhasa betwis die grondslag waarop die uitbreiding na nie-partye deurgevoer is, dit wil sê werkgewersorganisasies en vakbonde wat beweer dat hulle die meerderheid van die bedryf landwyd verteenwoordig, uitgesluit Johannesburg, Pretoria en omstreke (waar daar reeds bestaande bedingingsrade is).

“Op grond van ’n oorsig van die getalle wat deur die bedingingsraad voorgehou word, asook ’n bedryfswye ontleding, is dit Fedhasa se mening dat die eise van die bedingingsraad van sy verteenwoordiging grof oorskat is.”

Volgens die oorspronklike publikasie in die Staatskoerant op 8 Januarie, val alle werkgewers onder die toepassing van die bedingingsraad, wat onder meer kitskoswinkels, restaurante en tavernes insluit, ongeag of die werkgewer deel was van die bedingingsraad of nie, en moet hulle nou die toepassing nakom.

Die omvang van die toepassing strek tot bykans die hele Suid-Afrika, met die uitsondering van enkele bestuursdistrikte in Gauteng, Limpopo en Noordwes. Die bepaling behels verpligte bedingingsraadheffings op alle werkgewers en verskeie nuwe diensvoorwaardes.

“Op grond van ons diepgaande ontleding van die getalle stel ons dit dat die vasstelling deur die registrateur van arbeidsverhoudinge uiters gebrekkig is en dat die besluit van die minister hersien en tersyde gestel moet word,” sê Anderson.

Fedhasa se hersieningsaansoek word deur die minister van arbeid teengestaan en sal mettertyd aangehoor word.

Meer oor:  Fedhasa  |  Arbeid  |  Loonooreenkoms  |  Restaurantbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.