Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Richemont styg goed, kry nuwe hoof

Die luuksegoederegroep Richemont se aandeelprys het Maandag vroegoggend met meer as 2% gestyg nadat hy in ’n handelsoorsig gesê het sy verkope het sterk gestyg.

Johann Rupert, voorsitter van Richemont. Foto: Universiteit van Stellenbosch

Richemont het terselfdertyd bekend gemaak dat Jérôme Lambert, tans die bedryfshoof, met onmiddellike ingang as uitvoerende hoof aangestel is.

Die pos was vakant sedert die vorige uitvoerende hoof, Richard Lepeu, in Maart verlede jaar afgetree het.

Die handelsoorsig is kort voor sy jaarvergadering Maandag uitgereik.

Hiervolgens het sy verkope in die vyf maande tot einde Augustus met 22% tot 5,6 miljard gestyg.

Lambert werk al lank vir Richemont en was onder meer die hoof van Jaeger-LeCoultre en Montblanc, die hoof van spesialis-horlosies en die hoof van modes en bykomstighede voordat hy verlede jaar as bedryfshoof aangestel is.

Johann Rupert, voorsitter van Richemont, sê Lambert “neem verantwoordelikheid vir die groep se toekomstige groei in ’n tyd dat verbruikersgewoontes drasties verander”.

Volgens Rupert is die direksie besig om die groep te posisioneer om dié uitdagings die hoof te bied. “Lambert sal die leiding neem met die ontwikkeling van strategiese planne wat die direksie se langtermyndoelstellings en -prioriteite weerspieël.”

Die verkope het teen konstante wisselkoerse met 25% gestyg. Dit word bereken deur die verkope vir die vyf maande te vergelyk met die ooreenstemmende tydperk in 2017 teen die gemiddelde wisselkoers wat vir die boekjaar tot einde Maart gegeld het.

Die dubbelsyfergroei is hoofsaaklik meegebring deur die sterk vertoning van juweliersware en aanlyn verkope wat vir die eerste keer ingesluit is. Die verkope van juweliersware het met 14% gestyg. Die verkope van spesialis-horlosies het met net 4% gestyg. Aanlyn verkope, wat YNAP en Watchfinder insluit, het teen dubbelsyfers gestyg.

Uitgesluit aanlyn verkope het verkope in die kleinhandel met 14% gestyg. In die groothandel het Richemont se verkope met 2% gestyg. Dié lae groei toon die voortgesette fokus om voorraadvlakke in pas met die uiteindelike vraag na die produkte te kry.

Rupert het in die jaarverslag gesê die groep het onlangs voordeel geput uit die lae rentekoerse om langtermynskuld aan te gaan. “Die ondersteuning van beleggers vir Richemont se eerste skuldbrief van €4 miljard in Maart vanjaar toon hoe sterk ons balansstaat is en ook die vertroue in die gehalte van ons bates en groeimoontlikhede.”

Hy sê Richemont se langtermynbenadering sluit nie strategiese beleggings en disinvestering uit nie, soos die afgelope boekjaar bewys het.

Die halfjaarresultate tot einde September word op 9 November uitgereik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.